Wolraad Woltemade (Silwer)
‘n winterwoes noordwester het daardie dag gewaai die skip De Jonge Thomas het sy laaste seil gedraai die golwe was verwoestend die aanskouers was geskok wat eers ‘n avontuur was word die dood in Tafelbaai die soldate op die strand kon magteloos net staan die strome was te sterk om die see in te gaan […]
‘Black Widow’ Silwer klas
Soos ‘n swart weduwee sit sy daar wagtend honger smagtend na mag doelbewus lok sy die prooi na haar met wulpse swaai en pruilmond lag van buite onskuldig soet en sag dodelik die gif wat daar op jou wag vasgevang in haar spinnekopdraad jou sinne verlam in liefdesverraad te laat vir onsnap uit haar dodelike […]
Vaarwel
saam kon ons gesels lekker koppe gestamp oor dinge wat ons nie verstaan. saam kon ons geluister na musiek sonder instrumente, stemme in stil bos sale. kon sonder tussenin geraas mekaar vertel van die groot Komponis se klank sisteem. God vra nou jy moet kom sit in sy skinder kring oor die mense orkes. af […]
Ongetiteld
My skatlief, al was die afskeidneem pynlik na jou enkele heenreis deurklief’ n swerflusvoël die kleurryke lug bowe die blou see se driespelgolwe en steek sy kop onder sy vlerke in. Zebbie
Verontagsaam
Met vroutjiesiebie op haar skoot “kind, die lewe is kort van duur” my gesin die virus skugtig gerysmier maskerloos die lewe in hoogty gevier hul amal is geteken na die dood.
Nag
Al sou ek gaan lê, my opkrul in die sekelmaan se krom omhelsing Al sou die sterre hul liggies verdof in stille simpatie Die uitspansel sy nagfluweel versag tot iets só medelydend dat dit my hart en siel aangryp Kan niks jou terugbring, Pa Hier waar spikkeltjie-ek opkyk sien ek ‘n bang-maak-troos-maak naghemel bo my […]
MISKRAAM
(BRONS) Afwagtende verwagtende was sy eens ’n lewe in wording gekoester en sy, een gemaak met die vreugde wat nuwe seisoene bring sou antisipeer wou alles leer van die onafwendbare onbekende vir bietjie dae was die afwagtende gekoester haar beskore tot die wind binne haar skeef loop draai en winter word weer winter, ’n lente […]
Annus Horribilis
Annus Horribilis (Brons) grootoog gretig het ons jou ingewag oor twintig-twintig was ons verheug reeds vroeg in die jaar met kru krag het vrese stil-stil kom steel die vreug prentjie-mooi virus lyk heel fraai min het ons die omvang besef Corona het talle skielik kom afmaai gou het die tyding mense getref die wêreld soos […]
Eindeloos (Silwer)
Eindeloos op dié dag vroeg in September het ‘n berg jou siel kom haal jou lyf opgelaai op rotse en deur Ou Kaapse weg getiekiedraai totdat jy dronk was van verligting van jou pyn jou koebaai het kamers vol gehuil maar die kranse het jou dankbaar ingeneem; hier neffens jou vleuel-digklavier op die hoogte van […]
Net voor ek gaan
‘n Stuiwer vir die armbeurs en ‘n pond vir die hekman soos drifsels sal ons drif ná lig ná donker. Só waar soos ek leef só waar sal ek sterf my vel met inkgekerf na ‘n naby sterre werf. Hou die pennies vir die pond los die stuiwers in die armbeurs bring my daai laaste […]