ROOI ( opdrag 8)
ROOI bloedrooi met haat en wraak beklee jillend voete stamp en luidkeels skree Kill the boer! Kill the farmer! Here hul weet nie wat hul doen nie! deur my skeur vergifnis in ‘n roue kreet langs my God se bloeddeurdrenkte treë taairooi © Barbara Smit 27/08/2018
Vreugde in die more
Vreugde in die môre Die westerkim bloei met die magiese magenta van die sterwende son tik… tik… tik… tik sleepvoet sekondes stadig een vir een vir oulaas gryp sonstraalvingers vergeefs vir ʼn vashouplek skielik is ek stoksielalleen… en ek ween. Ek huil oor ʼn dag wat verby is ek huil oor ʼn lewe vermors ek […]
Tot weer siens Martie
As jong vrou het jy ñ verbintenis met jou Skepper en God bekragtig jou verbondenheid rotsvas geanker met jou man, jou eggenoot het julle hande gevat saam Jesus geseënd om ñ moeder te wees deur die jare was jy meer op jou knieë om in gebed vir jou kinders in te tree meeste van jou […]
Vuurfees
dit het gesmeul in die harte van mense te teësinnig om mekaar te verstaan dit het gevonk oor verdraagsaam se grense en toe ’n pad van verskrikking gebaan dit het begin met ’n vlam in die Vrystaat eers het net gras en die bossies gebrand maar die vuur het gewoed op die windmaat en toe […]
haikoe
dis winteroggend – ‘n skoot klap in die Vrystaat, warm bloei ‘n bok
Langbome toe (Opdrag 5)
die maan illumineer my trane wat deur die vlei van verlange vloei waar moederaarde met blom en blaar herinneringe laat kom en gaan oorywerig met die son in my sak loop ek blindelings teen die kranse van jou menswees vas en hang ek my drome op tussen die l a n g bome © Ryno […]
Totsiens oumie
Die verlatenheid hier binne my grens aan die buite holtes van my hart die terug flitse van ons laaste groet “belowe my, my kind dat jy hulle sal vertel van Jesus en hul ouma” Ek knik en antwoord sag “ek belowe ouma” ‘n weghol traan val oor my wang en in my gedagtegang dink ek, […]
Broosalleen (Opdrag 5)
Broosalleen (Opdrag 5) Sommer so sonder ‘n groet is jy weg en ek is brokkelbroos vergeet-my-nietjies en trosse reënblomme tuimel in my hart se storms emosieblare word gekneus en aan flarde geskeur beklemmende wurggrepe smoor hartskeurende rou smartkrete tot spasmodiese snikke en opgedroogte oë ‘n donker gat grynslag in swart ek voel purperbroos ©A Enslin
Herfs-vergiffenis (Opdrag 5)
tyd vir afstroping dieper kyk BESIN tyd om God te loof vir ‘n leeftyd van genade ewigheid gemeet aan tydelikheid van ‘n ondergaande son malse somers gou verby… hande wat soveel kon hou soveel verloor het elke rimpel diep gekerf bultende aarvate op brose herfsblare sal binnekort vergaan tot stof ©Evanthe 2018
Nagtoneel (opdrag 4)
het ek my dalk dit bloot verbeel – asof in ’n donker tafereel – die vrou wat om die hoek verskyn net voor sy in die nag verdwyn haar hand nog rooi en ongewas die hef wat in haar palm pas die lag wat oor haar lippe speel – asof in ’n donker tafereel © […]