Linda-Maryn 10/10/1987 – 11/10/2018
“O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .” is Totius se woorde wat al malende refrein in die verdwaalde gange van my oormoeg brein jy’s nie vir my gebore nie maar wel vir my gegee want kettings roes en kabels breek maar liefde buig en rek en bind om harte aanmekaar te smee […]
ONTHOU SE PYN
soms kom hy saggies sluipend ongemerk nader soms ‘n bliksemstraal donderend brekend vernietigend my hart die prooi woorde gedagtes onthou-jy’s beelde wat speel en lag en spot met my verwonde hart jou beeld ‘n eggo in my stukkende verwonde siel
Persiese kwatryne (Silwer gradering)
tenger beur wortels na beneë na water wat moet lewe gee hul te verlos uit ‘n bitter lot wat hul moet aanvaar, gedweë ********* Outeniekwawoud gaan sy eie gang bergstrome paar met voëlgesang spruite gevoed deur verrotte blaar bars uit in groei wat dood vervang ******** eensaam tussen rook en as ‘n stil figuur, gebreekte […]
Wanneer woorde (en stiltes) seermaak
Die verskil tussen simpatie en empatie is dat simpatie probeer om die lewe se hartseer ‘reg te praat’. Dit bied mooi oplossings aan wat vir die logiese denker goed klink, maar wat vir die bedroefde persoon in ‘n plek van groot verwarring kan laat. Dit bied pienk unicorns wat reënbogies burp met ‘n “jy moet […]
Showville
(goud) Showville Bethulie kry vanaand sommer lewe – dis Showville in die middel van die jaar; die dorpsaal se dak en mure bewe met heel die distrik se mense bymekaar. Die poets en sangers, almal staan ’n kans, maar rappers rap verbete – hulle spook, want vyf man kap dit uit met ’n pantsula dans […]
Kaneel-suiker vir die siel
‘n Tydjie gelede hou ek ‘n ouerige dame dop wat skuins voor ons in die vliegtuig sit. Dit lyk asof sy definitief aan die regte kant van die spoorlyn, daar doer op die bult, gebore is. Haar hare is mooi versorg en haar klere is opsigtelik duur. Die juwele lyk ook nie te onaardig nie, […]
BEGRAFNIS
BEGRAFNIS Die skok het my hard getref soos ‘n geweerskoot wat my tref niks in hierdie wêreld maak dit beter my hart is in stukke verpletter my lewe hang nou aan vlenters ek sien regdeur die hel se vensters net soos gloeiende as in die vuuroond rooster so soek ek na my vertrooster die doodskreet […]
DIE KEISER EN DIE APPEL
DIE KEISER EN DIE APPEL Kaptein Mirnako sit styf en stram op sy sitkussing. Voor hom sy oggendmaal waaraan hy slegs gepeusel het. Sy drinkbeker het hy glad nie eers aangeroer nie. „Jy moet sterk wees, Silaki. Jy weet waar die geld en die silwer beker in die bos begrawe is. Wag tot na die […]
Die doodste dood
Die doodste dood, deur Stephan Uys Al my kennis en ervaring rondom die dood van ʼn kind is alleenlik gegrond op gesprekke met ouers wat hierdie hartseer hel deurleef het. Ek trap dus versigtig, want ek is bang ek trap stukkende harte nog meer stukkend. Taalkundiges leer ‘dood’ het nie trappe van vergelyking nie. Volgens […]
In my hart sal pa altyd wees
Ek dink nie die realiteit daardie laat aand met vraagteken op die hartmonitor het al ingesink nie so asof ñ toneel uit ñ film hier voor jou afspeel jy as buitestaander wat toekyk hoe jou pappa sy aardse stryd voer in sy laaste oomblikke en jy versteen net daar staan hoe hy baklei vir asem […]