Anderkant is Niemandsland (Opdrag 3)
Nooit kon dink daardie aand was die laaste agter jou rug, waar ek ‘n wyle vertoef het in die binnekamer van jou liefde… jou lippe was soet, was sag en strelend – jou oë die vensters van toe, nou toe vensters van jou oë wind het jou enkelry voetspore saamgeneem na die anderkant van die […]
Eensaamheid (Opdrag 3)
ek mis die dae van mis voor die agterdeur wat die reinheid van reën oor die berge skryf in die huis sit ek nou en luister na ñ Godsverlate noot wat melankolies neurie deur die gange van gebrokenheid dis die kamers wat koudbloedig kreun agter die skadukant van die maan waar die rook my misleidend […]
verby spokerige familieportrette (Opdrag 3)
by die voorste hek net onder die sinkafdak ‘n frisco-blik met duiwelsdrek spokerige gedaantes en skadu-vangers twostep in die klank van die grafsteensangers af in die linoleumgang waar stomme familieportrette hang verby oom brolloks en antie bittergal nie alle here is here tog aanbid sy vrou en kinders hom al het hy in sophie se […]
Blomme en bloed – Opdrag 3
Opdrag 3 – Inspirasie uit ‘n boek Blomme en bloed blomme in die voortuin platgetrap uitgeskop met stewels alle respek die hond het geblaf, getjank nou stil met ‘n panga in sy kop plaasmense in ‘n bondel van vlegsels, vloeke en trane gebind met koue koperdrade verbrand met kokende water geslaan, geskop, gesteek en stukkend […]
Openbaring – Opdrag 3
Openbaring (Opdrag 3) Jy lê geëts in my siel verewig en diep-diep weggebêre my liefde vir jou versteek soos ‘n doodskleed op my solder die onthou van (dit mag nie) ons ongekroonde liefde wat toegegrou moes word bly agter my ribbes vasskop die kraak in my soldermuur kraak wyer ons geheim bars en breek deur […]
Trane in die as (Opdrag 3)
Onder gister se ou nuus weggesmyt aan wintersknou ontbloot is sy toegewoel in ‘n donker gevoel van totale verlatenheid vêr van genade na aan haar dood voel sy hoe snerpende koue aan haar beendre klou en gate in haar grou gemoed grou vorentoe agtertoe heen en weer word haar veglus tot stilstand gewieg soos ‘n […]
PAPIEREENDE
PAPIEREENDE „Papiereende” noem ons dinge wat kort in die dagblaaie lawaaimaak en dan in die niet verdwyn, asof niks gebeur het nie; dis vergelykbaar met die „storm in die rooiboskoppie” wat na bewering taamlik dikwels by damessirkeltjies sou plaasvind. Niks teen die dames nie, wel iets teen die koerante, wat kunsmatig probeer om die aandag […]
bloed verdik
in die portaal staan hy verstom en verstyf in pyn voor sy oë maak toneel oop van sinnelose barbaarse geweld waarin nog twee ou mense verslind verguis en gemartel moes heen gaan soos die son se strale stadig skuif so verstyf sy haat daarteen sy bloed verdik en kolk in magtelose stryd laat U wil […]