Onreg
Kom haak aan my hart ‘n lanfertak sodat verbloem kan word my diepseer smart. ©Driekie Grobler
Net die Vader weet
In die laaste uur kan woorde nie meer gevorm word nie woorde voel dan so leeg hoe kan jy die betekenis van dit wat hier binne jou lewe net uiter woorde verstaan nie die betekenis van ñ hart wat klop nie woorde verstaan nie dat ñ lewe hier voor jou besig is om dood te […]
Noodlot
Naamloos deurvleg jy die aarde sonder keer sorgeloos oor die vlaktes tydloos murmureer skaamteloos ontbreek ñ glimlag want jy kom net om te steel in die donkerste uur geen vriend kan saam jou loop nie want jy treur openlik geheime uiter die skok van dit wat geskryf staan teen jou aanhangende uitdagings jy is wreed […]
Drieankerbaai (Opdrag 1)
nooit weer die galsmaak van bitter bessies nie geen leë eggo’s van soetseer liefde nie ek het gedink ek ken die pyn van vreesloos, kaalvoet oor dubbeldorings loop in die spieëlskerwe van jou iris kon ek ook my hart sien breek hoe absoluut alleen en finaal was elke tree toe jy vir oulaas die grootpad […]
‘n kyk in die spieël (Opdrag 1)
die spieël het keer-op-keer gebreek tot stukkies glas wat jou weer-en-weer penetreer die bloed van jou stil-gebore liefdes oor jou hart laat spat maar jou bitterbessie-bitterste-bitter-seer was die verwerpte kind wat in jou bly skree niemand het geweet of omgegee of jy elke nag honger-hond gaan snuffel by ou liefdes se graf altyd weer die […]
Weduwee bruid
op vooraand van sy troue na partytjie jolyt op sy vierwiel, ‘n polisie jaagtog is hy sy lewe kwyt tref hy ‘n muur kop eerste vroegoggend uur opslag dood soos lewe uit hom vloei staan satan en lag opgewonde, bly sy doel het geslaag dood het hy verkry eens ‘n familie liefdevol en sterk nou […]
Pyngedagtes
Pyngedagtes Dowwe klop-klop plof in my kop swaar las kom lê op my skof uitdagings is rof uitsig is dof tree vir tree ploeter voort dae en nagte sonder slaap emosies tolbos kraaineste in my sinne donker nag gooi spookskadu’s koggel swiepend heen-en-weer in elk kraak van hout skree die klaaglied hoorbaar nog harder skreeu […]
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]
Delvillebos (op ‘n dag in Julie 1916)
goud Vanoggend het Fanus Venter* ‘n nare voorgevoel… en net daar !PLOF! iets in die sandbank – dis die eerste ligdagkoeël. Teen die walle van die Somme is die duiwel eensklaps los tussen kaal geraamtebome – dit is die slag van Delvillebos. Vir die jong man van die Vrystaat is die masjiengeweer se vuur (genadiglik […]