Ek hoop dit gaan eendag minder seermaak …
vanaand loop jy weer vrylik rond gestewel en gespoor, in my kop hoe hard ek ookal mag probeer ek kan die herinnering nie stop ek onthou weer elke klein gebaar jou stem, jou lyf, jou lag ek onthou hoe het ons planne gemaak en hoe ek vir jou sou wag jou stasie-groet was kort en […]
Saphira die Spoorsnyer
Saphira hardloop saggies, maar vinnig, deur die fynbos hoog bo die see. Sy is oppad strand toe. Daar is nie baie plekke waar sand en see ontmoet nie. Meesal is dit maar kranse waarvan selfs ‘n Feëtjie Hond soos sy seer sal val see toe. Saphira stop skielik. Sy haal vlak asem. Sy is seker […]
Waar is hulle… Kan jy die voëls hoor?
Die afgelope tyd het hierdie gedig en die pad soontoe weer woelig kom kuier… Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand Hennie Fritz [2014-02-19] Kom ons kyk vir die voëls, in die lang doringtakke, die digte plante, bosse, kossoekend op die grond. Dis vroegaandtyd en moeder aarde is koel, die lug is soos ‘n rivier […]
Feëtjie Hond Prinsesse
Eendag lank, lank gelede toe Feërie nog jonk was, was daar twee prinsesse. Hulle was ‘n identiese tweeling. Hulle was Feëtjie Honde. Feëtjie Honde het pragtige swart pels met bruin pote, bruin pels langs hul monde, bruin pels oor hul keel en ‘n dik bruin streep oor hul borskas voor. Nes Rottweilers. Die […]
Ons afskeidsgroet.
Tyd het jou vel met wind en son gelooi; jou hare tot ’n tint van grys gekleur en alles het só ongemerk gebeur soos wat die son en waas die reënboog tooi! Tog sê die plooitjies laggend om jou mond dat jy ook eenmal jonk was en kon droom op lappiesgras onder treurend’ wilgerboom, liefde […]
My vrou is dood! …
die dag het skielik middernag donker geword toe die lewe jou kom haal en dood aan my lyf vasgord die son het ophou skyn ek kon nie sien waar ek gaan daar was geen lig waar ek moes loop die die son of selfs die maan mense praat en fluister druk my skouer en my […]
Grond so rooi soos bloed
Arek grawe met sy vingers in die droeë grond. Rooi stof koek onder die priester se vingernaels en klou aan die bloed wat sy verrimpelde hande vlek. Sy trane verwring die wêreld om hom tot ’n wasige, rooi poel. Hy stoot nog grond uit die vinnig gegraafde graf, vee oor sy gesig en laat sy […]