. . . en vroeghefs sal die kandelare blom
. . . ‘n rolbos tuimel saam met winde strooi sade oor die knersvlak uit wat wortel skiet waar min wil groei — en stu tot bol, deur die aard’ omsluit C. Shaw 6 Mei 2016
Tyd Se Landlynverbindings
Tyd Se Landlyn Verbindings Ons vind dit ondraaglik sonder landlyn of die altyd byderhandse gerieflike selfoon en sonder televisie is baie verlore— Gehoor, spraak en sig is ons ondermaanse kommunikasiemiddele en goeie lewensgehalte, en word ons lewensdraad uiteindelik geknip word ons landlynverbindings met die tyd summier afgesny en toegang geblok en jy versink in ewige […]
Die soektog
Jy is dood. My liggaam word ’n legkaart toe die persoon van die hospitaal my skakel. My hele wese skeur uitmekaar. My siel spat aan skerwe. Stukke lê versprei oor die aarde heen, lê verlate waar ons saam was. Maar nou is daar niemand om my op te tel nie. Niemand om na die stukke […]
Jy wapper aan verlang se mas
Deur die mure van my hart se seer wil ek die doodgaan van jou weer daarom beur ek uit my blinkblaarbos weg van die wreedheid van die waarheid van die doodgaan sonder klaarheid en ek asmahyg my trane los benoud oor nié die dobbelsteen verstaan wat die een laat lag; die ander weer laat traan. […]
Vergeet om te vergeet
met soveel liefde en soveel vrede leef jy nou in die verlede nie bewus van plek of tyd gaan jy maar rustig voort met die dinge van lank gelee nog nie uit jou geheue gevee name wat ek nooit leer ken het ouderdom wat die keer gewen het jou brein is nou opgeroes jou spraak […]
Fluweel gordyne
Agter toegetrekte fluweelgordyne Oorspronklike skilderye wat hang Tree vir tree oor persiese tapyt Goue raam om die massiewe spieel My eie gestalte omring met weelde Alles in oormaat met smaak geplaas Antieke meublemente perfek op plek Elke ornament met die hand gekies Elke foto van kinders groot en klein skitter nou in afwesigheid uit silver […]
Sal jy my onthou?
As ek eendag, hierdie wêreld moet verlaat. Sal jy my onthou? My nog in jou hart hoor praat, sal jy onthou van al die lag? Herrineringe saam met jou, daarvan sal jy baie onthou. Gaan jy aanbeweeg en na nuwe liefde soek? Of net treur, ons herrineringe skryf in ‘n boek? Sal jy my onthou, […]
Elisabeth Eybers Huldeblyk
Dagsê vriende, môre aand (Saterdag) 6 uur doen ek ‘n huldeblyk op Skatkis Stereo, aan die legendariese Elisabeth eybers. Ja ‘n digter wat groot impak gehad het, op die afrikaanse literatuur, wat ook baie jare gedra het, sy was 92 jaar oud, toe sy in 2007 oorlede is, kom luister saam na die pragtige huldeblyk. […]
Carpe Diem se Watsenaam
….en eintlik is ek nou al moeg gegryp aan al die dae. So moeg, dat dit reg voel om enetjie deur my vingers te laat val. Bietjie gryp na die veerpen wat saggies verby gesweef kom, en ‘n druppeltjie ink uit hom druk. So laat Hubby se “sit jy alwéér hier” my ongemaklik op die […]
Dis die Dood wat Lente bring
Met die uitgang van my dag kom ek staan in bewondering oor die waasbleekmaan wat druip bo die son wat dyend sterf in sagter kleur van aangeslane goud en my siel en gees word skielik koud soos die wegslaanasem van winter as sonnestrale oor verre rante splinter. Tog: Ek weet, uit draaiing van seiesoen, dat […]