Die Meesterstuk
ek staar na jou meesters werk geen kreatiwiteit was ingeperk jy het dit skelm vir my geskilder so perfek geskep vir my jy het my hart so goed geken die vissers wat spook met ’n net die horison in pienke gekleur oilskins weerkaats groen in die water die vissers lag so lekker oop bek en […]
Reënboog sinsnedes
jou goudkwas heuning sinne eens boepensvol gevul met reënboog-mooi beloftes drup in karkas van ‘n wolf wat skaap se jas wou dra maaiers vreet hul feesmaal as die reënboog sinsnedes mettertyd verrot, verdof in hul sterk dermkanaal
Soos die voëls van die hemel
hoe dans ‘n kwikkie tog so wipstert fyn rinkink ‘n vink, en laat die riete roer in bome, waar die son deur blare skyn breek die dag vir ‘n duif wat lustig koer as die rooivlerkspreeu so verleid’lik fluit en muisvoëls kwetter waar die pers bos blom drink jangroen uit die kanferfoelie tuit – hoe […]
Mammie, nes jy dit sou wou hê
Mammie, vanmôre toe daai werfbaaskapokkie van jou met sy koperstertkrulle en ver hoor snawelbek, vre-e-e-e-ede vir ju-u-u-u-ulle! dit driemaal uitkraai, het ek ñ bos Gerriehoeke nog blinknat gedou weer gaan pluk, Mammie, net vir jou. Want gister my Ma, het ek jou bal en klou weer Kobrablink gepoleer en so tussendeur jou witduiwe se gekoer […]
‘n helderpienk gedig
daardie dag waarop jy dood is was Matsikamma aan die blom oor die rantjies en die rûens tot onder in die laagtes waar kuile in valleie kom die pienkste kandelare het gebloei deur sand en klip en dat iets so mooi verby moes gaan was veels te hoog vir my begrip maar daardie herfsdag – […]
Huldeblyk Ingrid Jonker op Skatkus Stereo
Hallo almal, Saterdag aand 6 uur die 16de April doen ek ‘n baie spesiale huldeblyk, aan die einste bekende Ingrid Jonker, ons gaan haar ook beter leer ken in die huldeblyk, ook gedigte wat sy geskryf en self opgeneem het gaan gespeel word… OM TE LUISTER: http://listen64.radionomy.com/skatkisstereo www.skatkisstereo.co.za http://tunein.com/station/?StationId=260376 KOM KUIER GERUS SAAM IN DIE […]
Beskore
die gesoute psige se dorstigheid soos die herdersfluit se melodie deur tonnels van rede, ‘n armdruk teen aanslae van begoëling met ‘n drang om die soete waterbron te vind – daardie borrel-spruit wat akkers van die hart oorspoel, wat blink klippers nalaat in drukgange van verganklikheid – ‘n soeke na die bron van jubeling om […]
Versoek van die graf
Versoek van die graf daar’t ook eenmaal lank geleë koningsblou tulpe in my irisse geblom dit was die dae toe die son nog (ongerep) tinte oor my vel kon trek – die geur van nartjie in my ruik ontplof nou is my sawwe lyf ses voet diep begraaf – maar ek sien jou (steeds knielend) […]
Seerower skatte
Soos soutsproei saggies klots teen sinkskip se uitsteek mas wonder mens onomwonde wat versteek, geberg hier was Die roesverweer-erosiedek vol aangeslane muntstuk vertel sy eie ryk verhaal – is hul skatte dalk weggeruk Skip se stuur steeds rumbevlek skets prent van dom matrose was dit immers hierdie defek wat hul ontneem het van die bose […]
Waar Bamboes Opdrif Teen Die Lug…
Waar bamboes opdrif teen die lug se blou en die rooivinkies hulle nessies bou; waar waterlelies op die water roei en weglê-eende hulle eiers broei; waar die loeries sku tussen lower hou en ‘n siel nog trou op sy God vertrou, wil ek -as dan my aardse tentdoek reep deur donkerkloue van die dood se […]