Dis sulke doef-doef geluide.
Vrolike spierwit skoenlappers smash een vir een vir een v i r e e n teen my windskerm en skiet gate in my hart. @ Anria
Ek is die storm in jou.
Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel vernietig. Ek sny jou met my warrelwinde en maal jou gedagtes fyn. Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel verpletter. Ek breek jou hoë mure af tot op die grond en laat jou weerstand verbrokkel. Ek is die storm wat […]
Nou weet ek tyd is baie Kosbaar…. (Carpe Diem – Gryp Die Oomblik)
Tyd het so vinnig verby gevlieg, pappa, ek en jy het mekaar heeltemal te min gesien. Ek dink aan al die kere wat ek langneus ontwikkel het, ek het baie vir pa gelieg, ek wonder ook soms hoe kon ek so goeie pa verdien. Ek sou eerder laaste goeie oomblikke saam met pa wou deel, […]
Johanna
Johanna skrik wakker van ‘n nagmerrie, sy is papnat gesweet en haar hare is net so nat. “Wat’s vout?” vra Johanna se man Hendrik wat langs haar lê, hy het ook intussen wakker geword. “Ek het gedroom my pa word vermoor liefie, hulle het hom gemartel, dit was aaklig” antwoord Johanna terug terwyl sy opstaan […]
Rooivlam
“Word wakker, word nou wakker!” skree Angelique vir haar man toe sy sien daar kom ‘n vreemde man by haar kamerdeur in terwyl sy en haar man slaap. “Word wakker, Johan, word nou wakker !” skree sy so effens harder toe die vreemde man al by die bed is, hy stap direk na Johan se […]
‘n Tweede onverklaarbare moord.
“Perd van ‘n heel ander kleur” Dis somer in BiesiesVallei, ‘n klein plattelandse dorpie. Met honderd goue harte van mense wat omgee. Juanita kom by haar voor deur uitgestap, haar man Johan, oftewel Kaptein Vosloo is reeds werk toe, Juanita is ‘n huisvrou wat bedags tuis bly om na haar ses maande oue baba te […]
Die onverklaarbare moord…
Dit was ‘n egte koue winter oggend, die mis het oor die hele dorp gehang, toe Willemien haar voordeur oop maak, vind sy haar man daar lê, in die koue, koelbloedig vermoor, selfs die bloed wat uit sy wonde geloop het, het gevries van die koue. “Ag nee, wie sou dit aan my man gedoen […]
Rus Sag
Dis begrafnistyd in Elsburg. ons oom Sias is nou heen. Voor die parkie in Jackdaw straat. Staan ons groepie stil en ween. Hy self het begin kwyn. Nou rus hy, alles is verby, geen verlang meer vir hom. Eendag is sy weer aan sy, sy. rus sag oom tot die dag kom.
DIE FOTOGRAAF
al wat hy vra is die Kgalagadi gee hom net die stof en die sand vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin en die grou van die lug bo ‘n rant stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk al stromp’lend op sy laaste vier bene alvoor […]
Jy sal daarin bestaan
Vertaal in tyd my hand omkeer skryf in ritme die verhaal Verdoessel al die stil verkeer in sonkleed van jou taal Wanneer tyd aanstap elke uur sal die oomblik nie vervaag Deur elke goue kans verduur sal die Jy daarin bestaan Carpe diem – gryp elke kans want tyd loop vinnig uit As ek met […]