Jongste aktiwiteit:

Beskore

die gesoute psige se dorstigheid
soos die herdersfluit se melodie deur tonnels van rede,
‘n armdruk teen aanslae van begoëling
met ‘n drang om die soete waterbron te vind –

daardie borrel-spruit wat akkers van die hart oorspoel,
wat blink klippers nalaat in drukgange van verganklikheid –
‘n soeke na die bron van jubeling
om beddings van die psige te verkwik;

maar die hart bly die groot verraaier
die hunkeraar,
die pruttelkous
die swakkeling

‘n langsame sleurtraag wandeling
deur bloed en goed en are
met nog meer vrae
wat lêplek kry in die digter se bitter-soet mond.

© Almarie Truter




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed