Die lewe snel verby
gejaag na wind in warrels van bestaan gesluk aan stof en sand se skuurpapier wat wraak in wrywing van die nóú en híér om voort te snel in kolk van tydsvergaan tap tyd se tik in druppels sweet en bloed want lewenswandel wikkel teen ligspoed Etna Wepener ©️
Dagboek
tyd se pen griffel dagboekverhale hoofstukke in bloednotules geïnk kernwoorde as dagdruppels uitgedink papierlyne gevul met mylpale wie is werklik die een wat ink laat vloei in unieke verhaal wat daagliks groei? Etna Wepener©️
si mendacium est veritas
– feite word geite wanneer leuen plek verruil met die ware waarheids woorde binne in hierdie wêreld van geweld waar nasies ander nasies gebruik om hul nuutste wapens te toets is daar geen vrede meer oor slegs hond eet hond – norme word verweerde flos alles wat nasietrots gebind het verwas in malle wêreldse gekots […]
Die kim van my môres
die horisonkim waas onbereikbaar altyd aan’t skuif op ‘n ander plek ʼn lyn in lugspieëling se bedrieg waar aarde se kurwe oneindig strek soos die môres van my wêreld en see wat geen waarborge vir my kan gee Etna Wepener ©️
Heil-dronk op uurglas se tyd
sabel-sabrage bruis Bacchus-borrels my wyn Dom Pérignon-vonkel glorie in kristal se glans heildronk klink glas met gas ek vier die volheid van nóú in drink en skink goud skitter “plonk” ? dronk nugter geen behoud as ek verdrink en toekomsleegheid kolk in vogvriend wat was die kelkie lieg omdraaikans maar sober werklikheid strompel en vlieg […]
Eb en vloed van Twyfel en Vertroue
Ék sal ʼn sperstreep op jou verlate strand met die opdrifsels van jou dol brein lyn, en daar waar jou branders se borrels bars, sal jou laagwater soos sku see weer kwyn! Maar in my maanlig se skaam kristalbal, sal ek met swaartekrag tóg weer gedy, om met selfvertroue oor jou streep te spoeg en […]
Tyd in fases (‘n Drievoudige triolet)
die jeugjare was nog jonk en lank met tyd se tik ʼn polsslagdans my visie was die bruis van vonkeldrank die jeugjare was nog jonk en lank waar die toekoms oor my heining rank en groen krultentakel vir nóg ‘n kans die jeugjare was nog jonk en lank met tyd se tik ‘n polsslagdans die […]
weë
– wie weet wie weet waarheen wie weet waarheen die weg wie weet waarheen die weg lei die weë van die lewe is so onvoorspelbaar waar jy vandag gebore word, en môre eindig is meestal onbekend en soms onbemind wie wil die toekoms kan voorspel weet wat jy oormôre gaan wees hoe droog en onvrugbaar […]