latente hitte
soos nat reëndruppels oor my duin uitsak en stroompies water maak so val laat winter sneeu op die kaapse berge bedek dit met spierwit kombers van latente hitte bo waai die wind ysige lug kolomme oral heen onder lê grond in hitte en wag op die sonstrale wat sneeu gaan transformeer in helder berg strome […]
Ek wens ek kon skryf soos ek droom
daar was ‘n draak in my droom gisteraand na die dertiende uur toe die nag sy donker begin oprol hy het vuur oor my gespoeg ek het in angs roerloos in my bed gelê en gewens dat ek kon skryf soos ek droom vreesvol, sielloos, geesvoos en bebroke met ‘n malse honger wat waansinnig soek […]
Retoriese Ruimtes
Buite die sfeer van my binnedenke verstaan ek dat tyd relatief om alles hang soos ek en jy en ons bestaan en alles wat stelselmatig elke sekonde vergaan alom die kern van veranderende winde wat hulself eeuloos herhaal selfs saam met my wens dat ons dieper kon wees as net gedagtes, vel en been veral […]
Nagdenkers
hoekom die donker altyd die abrupte verdeling van tyd minderwaardig sal laat lyk weet mense soos ek ook nie vraagdun verhale speel daagliks af tussen mense, dinge, natuur emosies, die heel gebroke en die half geheeldes almal lewe asof tyd geen einde ken maar saans in die stilte van selfsoek wonder mens oor wonderlike werklikhede […]
Dankbaar oor my lewensreis
Met ‘n warm koppie boeretroos tussen my koue hande, tuur ek die vlaktes in. My gedagtes loop ver en wyd, verby al die hoë geboue en bome, oor die koppies en bergtoppe. So ver terug dat ek doelbewus spinnerakke moet afstof om helder te kan onthou. My lewensreis tot hier was vol kronkels en draaie. […]
Dorings,bossies en gras
dorings, bossies en gras dorings, bossies en gras bepaal die draaie van my paaie en my pas maak my seer dra my deur hou my vas dorings is die donners wat my druk wat my irriteer en heeltyd aan my pluk steek my stukkend laat my snikkend met ‘n sluk bossies is die bliksems wat […]
Die wind kind
Die wind kind Sy was die wind kind uit die kamer van die boom sonder aarsel sonder skroom draf sy weer werk toe hierdie keer vir oulaas weer met ‘n nuutgevonde hoop om kos vir haar kind te koop haastig om te help selfoon gereed om te laat weet in haar hand… maar aan die […]
Sintuie
SINTUIE hoor jou in die windjie sien jou in die son dink jou deur die donker van ‘n veraf dig kokon roer jou met die reëntjie vang jou in die dou wens jou uit die wonde van ‘n wêreld grys en grou proe jou in die luggie sluk jou uit die see weet jy voer‘n […]
korale van ons volk
in triesterige koue wind sit ek vanoggend op my duin al wat ek sien is die uitgespoelde skulpe van ons volk se strewes toe daar tyd was vir aksie was ons te gierig en te reg was ons eersugtig en so seker breek skulpe oop en vergaan hier en daar kom borrels uit die sand […]