Akkolade van my siel
Akkolade van my siel (Brons) Plegtig omhels die wete my skryf sal jou siel bevry ‘n kopstem kritiek in dofpers waar aanskouers veeg en skerts hulle goël met jou oë kluister soos kenners jou vermoë keisteenhard knakbreuk ‘n twyfelsug jy wonder of jy ooit weer jou kop sal kan lig dan indeks jy die inhoud […]
Haar lentedroom (Brons)
al, sou strale son skreef-skerf, okersag wintervaal aloor haar, bleekblou blinddoekoë val, vlerksprei gistergroen onthou … o o p nes, stofpartikels tussendeur hortjiesruite ligspoor loom-sweef, dwaalgees sy … steeds v r y al, het haar vlindervlerke in ooglid broosoud winterkou toegevou, kleurspiraal blommespel knip- oogfladder, lentedroom aloor haar eens … helderblou kinderoë en bot-bot botsels […]
Besoedeling (goud)
Wat kan ek doen om dit te stop wat maak ek met die seer van die aarde en ander se harte wat kan ek sê wat voldoende sal wees iets sonder die verkragting van gaia, mens en dier iets wat alles en almal kan red want ons verwoes mekaar. Wat maak ek met hierdie pyn […]
Breek die kettings, wees vry.
In eenvoud wil ek gaan op my kniee en uitroep kan net nie bly staan breek die kettings, wees vry Jouself se eie skuld keuses maak sonder skrome hoop jy kan dit duld geskeur aan jou drome Woorde gepraat voor mense sodoende probleme vir jou geskep erg en dit sonder grense besef was duister woorde […]
Lewe le^ wyd oop vir ons
Die lewe le^ wyd oop vir jou!! Oop toekoms met uitdagings en keuses wat wag. Meningsvraag is of dit werklik so maklik is om dit vir ons nuwe generasie vandag te vertel hiervan.. Sal hulle luister? Na matriek is die lewenspaaie vir jongmense n’ oop veld van keuses. Studeer of eers rus jaar om te […]
Jou lewe le^ oop vir jou
Brons – gedig deur Johan van Rensburg Jou lewe le^ wyd oop jy moet net die pad loop droom en streef daarna onnodig om te bly kla Oop soos natuur se skoonheid opdrag wees net bereid om elke geleentheid en kans aan te gryp, vinnig besluit. Gebed van ouers vir die jonges hul weet oop […]
Terugblink oomblik
Terugblink oomblik Leef oomblikke om van te lewe dank God vir wonderlike tye kan opstaan en voort strewe wil nog soveel doen in lewe Oupa en ouma kyk uit bewonder sit op stoep van hul huis lewe saam was iets besonder kinders gevoel hul altyd tuis kleinkinders saam en boek lees wag bly dat oupa […]
My Herinnering Utopia
Herinndering aan utopia Johan van Rensburg Gejaag na wind elke dag se harde werk wat jou weg van gesin verbind blydskap, amper verdiende vertrek Oppad na ons gesin se Utopia is klaar beplan, geld gespaar ruskans om saam te geniet bid dat God ons op pad bewaar Meer en see in Richardsbaai op die strand […]
SIELSVERVOERING (goud)
Wanneer ek weer sterre pluk wil ek jou skelm saamsleep met uitgestrekte hande silwer stringe om jou heupe snoer sodat jy saam kan sweef sonder dat iemand ons ontsyfer of ons astrologies probeer ontleed wanneer ek my planete aan jou lippe hang. © Feb 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde