Net in droomland
Net in droomland Wanneer die son sy vere duvet oor sy kop trek en die maan soos ‘n silver lugballon lui-lui teen asemrowende indigo verby beweeg Wanneer neonligte verdoof en duisend spikkels blink in die hemelruim spog Wanneer die paddakoor lostrek deur kriek se vlerk viool begelei raak jou ooglede swaar en jou asemhaling reëlmatig […]
Die kuns van skryf
Woord vir woord uit die siel gepars drup skarlaken druppels rooi maar mooi Doop die veer in jou eie diepste seer Spelonke lanklaas besoek eggo’s van verlore wat jy vir ewig bly soek Stalagmiet van hoop het in my hart opgeskiet Oorhang deur stalaktiet van verdriet hart afgeskiet Veer gedoop in vlam daarmee graniet graveer […]
‘n klug (BRONS)
ek is vasgevang êrens in leemte tussenin twee verdeelde wêreld gehok in pyn met magteloosheid verlang ek na rustigheid my droomland waar groen gras groei horison geel geverf land gevul met aroma met voëltjies kletter en diere veilig wei maar dis ‘n klug waar die realiteit slaan my in verlange
OP PAD NA MÔRE (goud)
Oopgestrek tussen hemel en aarde skreeu stemme in my kop ‘n lyf vol letsels mank spore wat vorentoe swenk in my hand hou ek ‘n hart jy gee vir my al jou gisters en môres ons loop verder in skadu’s onder melkhoutbome ons luister na bokmakierie streel oor bosbaarde om te dink dat ons bekende […]
Boodskapper
Boodskapper Nadat Professor Gertrudes Johannsen van die Instituut van Seismotegniek die verslag vlugtig deurgekyk het, sit sy vir ʼn paar oomblikke versteend. Dit is die ‘onmoontlike’ in letters vasgevang, maar sy weet die ‘onmoontlike’ is nie die verslag self nie, dit is die gevoel dat sy hierdie verslag voorheen gesien het, gelees het wat haar […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 26 – Die Einde
Hoofstuk 26 – Van hier tot in die Hiernamaals ʼn Week later wanneer hulle vier rustig na middagete in die sitkamer sit, weet Zuluika, sy en Mauritz kan hulle troudatum vandag bepaal, al die twyfel is weg. Sy weet sy wil Mauritz ook nie meer elke aand sien wegstap van haar af nie, want sy […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 25
Hoofstuk 25 – Die Som van Liefde Die wag op die lughawe met haar hand in die van Mauritz, en Cordier wat op sy skoot sit, is vandag gestroop van enige vrees, net gevul met ʼn wonderlike vooruitsig om haar moeder te sien, haar warm liefde teen haar te voel, en in daardie pragtige oë […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 24
Hoofstuk 24 – Die Laaste Vergifnis Mauritz staan vasgenael agter die kantgordyn, ‘daar is lig in haar huis’, en hy bid hardop, ‘Here laat dit sy wees asseblief’, hy hardloop die berghang af, en wanneer hy die stoeptrappe opspring voel hy haar teenwoordigheid aan. Hy draai om, kyk na die opening tussen die bome, en […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 23
Hoofstuk 23 – Die gevoel van ‘Behoort’ Die pad na die seders begin wanneer sy en Cordier op John F. Kennedy Internasionale Lughawe deurstap vir hulle aansluitingsvlug na die Rogue Valley International-Medford Lughawe, wat naby die Rehabilitasie Sentrum geleë is. Geen kommer meer oor haarself of Cordier met die ingaan in enige land nie, sy […]