Krismis konsternasie
Ding dong, lui die klokkie by die van Tonders se woning. “Pappa, gaan kyk gou wie dit is. Ek is in die kombuis besig!” gil Susan, uit die warm kombuis terwyl sy die sweet van haar voorkop afvee. Sy weet nie of dit nou die oond se hitte, of haar oorgangsjare is, wat haar vandag […]
Vark op die strand
Vark op die strand In Tanzanië was Sondag gewoonlik strand-dag, net ná kerk. Ons het sommer die strandgoed ingepak en onmiddellik ná die kerkdiens gery om die res van die dag luilekker te baljaar en te ontspan. Een van die gewildste en veiligste strande, was South Beach, net so vyftien minute se ry suid van […]
Springgety in Bongoyo
Springgety op Bongoyo So teenaan die kus van Tanzanië, eintlik baie naby, is daar ‘n hele spul klein eilandjies. Hulle word nie bewoon nie, maar is tog gewilde toeriste- aantreklikhede. Hier kan jy nou luilekker in die son lê en jouself heeltemal verbrand, jy kan die rotspoele ondersoek of jy kan in die warm tropiese […]
Kuifie en die Zanzibar spinnekop
Kuifie en die Zanzibar-spinnekop As mens in die strate van Stone Town, Zanzibar, loop is die argitektuur asook die plavei-straat en die historiese eenvoud baie interessant. So loop ons dié snikhete dag in Stone Town, op soek na lafenis en eetgoed. Dis elke dag snikwarm met temperature in die hoë twintigs en die lae dertigs […]
Rosie in die supermark
Rosie in die supermark Toe ons in Tanzanië aankom het, het ons ’n huishulp gehad met die naam Rosie. Rosie was ’n aangename persoon, maar kon nie ‘n woord Engels praat nie, sy kon net Swahili praat. Ons kon Engels praat, maar natuurlik geen woord Swahili nie. So gebeur dit dan dat elke ding na […]
Jesusfees
Soos die fees gety geliefdes saam bring wyl’ die engle kore Sy glorie besing Loof en prys die Koning seg dank vir elke sëen offer liefde en vergifnis aan elk vir jou geleen ‘n Geskenk is ons gegee- ons Verlosser en Heer elke knie sal buig Sy grootheid te vereer © Carla Visser 12.12.2017
Denensie nr 5
Kyk, hier is my hande saamgevou voor my prewelende stem, hoor jy my krete saggies na binne ruk? Voel jy my woorde wat hoendervleis oor die hemelwand hef? Proe jy my trane wat wanglangs drup oor niks; oor jou; oor alles en almal want jy het siels-stil geword en ek hobberend in ‘n hel van […]
Masai en bokbloed
Masai en bokbloed Die Masai is ‘n baie interessante nasie. So het ons dan vir Thomas en Johanna gehad as nagwagte by ons huis in Dar es Salaam. Die Masai kom meestal uit die Noorde van Tanzanië en die suide van Kenia, uit ‘n area bekend as die Masai Mara. Hulle is bekend vir hul […]
Thomas en die wasbakboot
Thomas en die wasbakboot Thomas was een van ons huiswagte in Tanzanië. Huiswagte is manne wat huise snags bewaak, en in Oos Afrika, soos dit seker ook in die res van Afrika is, is huiswagte nie net vir rykes nie, dit is vir almal wat ‘n huis bewoon, veral blanke buitelanders soos ons. Baie van […]