Tussen reënboë en doringdraad
ek weet die lewe loop maar só (en meestal vind ek my) tussen engel en kalant sagte soene ‘n oorveeg tussen Edenstuin en Godsverlaat tussen reënboë en ‘n doringdraad © Carma Shaw
KATEGORIE: Driedeling – TAALkwessie
KATEGORIE: Driedeling – TAALkwessie In besondere kringe (ek hoop nie dis sonderbare kringe nie!) heers die mening dat ‘n eeu, ‘n jaarhonderd, driedelig is, dat die eerste derde so te sê ‘n aanvang of hernuwing daarstel, dat die tweede verwend word om die nuut-gewonne kennisse en erkentnisse te verwerk en begryp (konsolidering, in moderne taalgebruik), […]
Sê Net Dankie
‘n Baba wees gelaat. ‘n Boemelaar honger op straat. En dan het ons nog die “cheek” om soms te kla. ‘n Kindjie afgeknou. ‘n Lyfie seer en blou. En dan voel dit of ons soveel berge dra. Kom ons wees net dankbaar. Wees eerder net dankbaar. Kom ons sê eerder dankie, dankie vir als wat […]
Doris Day
hier sit ek op die agterstoep dis veels te warm in die huis die swart hond drink lou water uit haar bak voor die kombuis die avondlug’s belofteloos – ek tel die sterre en een maan en soms wonder ek maar net waaroor die lewe eintlik gaan as die reën die jaar nie kom nie […]
RESENSIE: Oor Mense en Perde, die film
Oor Mense en Perde, die film Gewoonlik verskyn die duitse weergawe van ‘n buitelandse boek of film drie of hoogstens ses weke nadat dit amerikaans uitgegee is. Of hierdie film ooit na die VS van A gaan kom, weet ek nie. Maar in hierdie geval het die vertaling, die verduitsing van die klankbaan twee jare […]
Die SKEPDRIE
Die SKEPDRIE Die fluitjie blaas: Einde van die spel, en daar lê ek vasgenael onder die hele pak voorspelers. Ek het regs agter die skrum uitgebreek, ‘n oomblik op een voet gebalanseer, gemik, die bal laat val, met links deurgeswaai; die bal trek toe ‘n bietjie ver na links, maar word deur die wind gevang […]
PASPOORT na DINGES
Paspoort na Dinges Sien, die ding is so: My seun het drie paspoorte: Dit wil sê, hy behóórt drie paspoorte te hê. Nou, natúúrlik behoort hy níé drie paspoorte te hê nie, niemand behoort meer as twee paspoorte te hê nie, is mos teen die wet. Teen die wet van aldrie lande. Maar hoe sal […]
Hoe kry Mens ‘n nuwe Vriend?
Hoe kry Mens ‘n nuwe Vriend? Ek? Ek klim in my motor en maak ’n ongeluk. Ek ry byvoorbeeld Sondagnamiddag uit die stad uit, kies ’n rustige restourant in die koelte van die bloekombome op ‘n dorpie om ’n ietsie te eet en ’n biertjie te drink, miskien in die koerant te loer. Ek maak […]
‘n Vrou en ‘n kind
soms het sy saronge om die ronding van haar lyf gebind en die kind wat in haar sluimer laat ontwaak – sandaal se gespe los gemaak en weer kaalvoet spore oor ‘n strand getrap tot waar branders in die sand wegsak en onder wolke se wit en hemelse blou weer ‘n droomkasteel in die lug […]