Die Skilderdoek
Die Skilderdoek oopgestrek staan die spierwit doek wagtend op die skilder onbekend die kwas trippe trappe op die kleurpallet ‘n bietjie wit, ‘n bietjie blou met ‘n titseltjie geel daarby hale van die kwas dartel op die doek maak geen sin van naby gesien maar met elke terugtree ontvou die beeld word blougryshale onstuimige see […]
Amendement
Amendement Profaan kaal die spykers ingeslaan swam sperm’ars’leër keiser geëer met stok en slot got die lot … orige orgie orkaan vir die sot wreek die wreker steek die breker … ledig die beker breuk die aarde palm ten hemele verhewe enk’ling sneuwel in eng’lpsalmween oor edik eed … een-een … geen genade verleen allenig […]
Luna-Diana
Luna-Diana Maanlig Monk Mank sit honde vir die maan en tjank in my hart weergalm heimweë-aanklank my voete dans oor die hemelboog sien ek maan uit splinternuwe oog nes ‘n hert … in sy loog wil ook ek hier soog Met my natuur sinchroniseer ek met jou satelliet sonder magneetveld atmosfeer hidrosfeer het ek geleer […]
Reptiel Repetisie
Reptiel Repetisie Die sening drade in oorbelading het ge-haywire in my kop, gisteraand eers die kop toe die tand die oor’n’oog en stop toe in die krop Fragmenteer, arsenaliseer en marsjeer regdeur regs links regs links deur die Oekraïne wat eens was… sonder dodelas … Betasting deur die windhonde spilsgolwe – golf op golf – […]
Akrostigon
Akrostigon ī Rondom skemer winters(v)uur uitgeput droom sy oor tye onbenut onder sekelmaan lê skerwe van bestaan lê spatsels van verstaan anderkant die brug, wink ‘n vergesig, Lewensdrek dreineer te veel en êrens…hoor sy die sagte roepstem van haar messias en Heer īī “…there’s a table, a table for two under the neon blue moon […]
Vir Sy splinternuwe Kind
Vir Sy splinternuwe Kind. In grys, op heuwel, deur newels verberg goedkoop sloop onkundiges die rykdomsberg heuwelhoog stroom hoop, reën feite in trane uit ‘n liggaam verskeur gedane vasgespyker aan groet en bloed hang Wonderbaar’smoed In klip en gruis – vergruis aan ‘n kruis skeur vleis as lewensspys swyg stig stik ruk sig traan-oë wat […]
Genade fluweelkussing
Graf-stil raak die kleure van blare laaste druppels reën sterf sag tussen rooi-oranje wolke, waar ‘n sensitiewe stilte, uit die lug val Somber grys ruigtes bleek deur die blaarval dryf verby die goue son waar herfs in eerbied vir haar buig Slierte skadu-swart verf wat die nag verswelg waar drome in die duisternis verdwaal begin […]
Ontkoppeling
ONTKOPPELING Oop en bloot onbeskaamd arrogant Gooi jy jou strikke argeloos roekeloos halsstarrig onophoudelik voor my voete neer glo jy in jou duister sinsbedrog dat jy my indien nie nou dan eendag tog noodlottig sal verwond Besef jy nie dat ek onaantasbaar is en vlekkeloos wit in lewe of in dood? Dat ek daagliks sonder […]
Legkaart
Wie weet, elke lewe is dalk, in wese, ‘n lewende legkaart. ‘n heilige Meesterstuk voortdurend in wording. Deurdrenk met lewenskrag, propvol belofte, en daagliks aan die groei. Ewigdurend besig om eerlik, soos ‘n spieël van openbaring, die oopvou van ons lewe aan ons te onthul. Nougeset elke sandkorrel te tel. Dit sekuur en akkuraat verreken, […]
oertyd
– so lank terug voor mense heugenis so lank gelede is Hy daar geen oer knal of onwillekeurige chemiese ontwikkeling van ‘n sel slegs Hy, Homself en leë hande het alles geskep – uit niks wie kan groter wees wie kan ouer wees wie kan altyd wees vir ewig in beheer wees – ©Teãrlach