DONDERDAG: Klippe
Moenie die hoop klippe doelloos aankyk nie: oorweeg, wie kan jy daarmee gooi! Persiese spreekwoord
Sonder jou in my môre …
sal jy môre nog daar wees om my vas te hou sal jy môre nog loop met jou hart op jou mou sal jy môre nog opstaan en lief wees vir my sal jy môre nog vra om ‘n soen van my te kry sal jy môre nog ‘n rukkie stilstaan en my nog ‘n […]
Resensie: Die film, Soos die vader so die seun.
Wat soms gebeur, nie dikwels nie, is dat in die bes-gereëlde geselskappe, ook in die bes-gereëlde inrigtings in ‘n geselskap, ‘n fout ontstaan. Ewe in ‘n hoogs-industrialiseerde, higiëniese volk met ‘n hoë vlak van opvoeding soos in Japan kan dit gebeur dat twee kinders in ‘n geboortekliniek per abuis uitgeruil word. Dit gebeur in die […]
Gedagtelose strande
In gedagtelose oomblikke Poison Ivy jy om die golwe in my brein vat jy my hand mosselskulp dit toe in joune wys jy my jou droomland se strand vat my sagkens om my middel daar waar my rug soepel buig dan lei jy my jou seestrome in jy, my meerman en ek, jou meermin.
Elkeen ‘n legkaart
Elkeen van ons, grys of in dons besit glashelder voorbeeld – volmaak onder drukpers van Skepper se ambeeld Van embrio tot die dood skommel en rangskik ons soek eerstens ‘n raamwerk uit met alle stukkies tog ontbloot Soos ons in harwar pas en meet horisontaal, vertikaal maal kruip die vrees om dalk te faal – […]
Hierdie Herfs
Hierdie herfs Paasnaweek is vroeg hierdie jaar. Maar, nie vroeg genoeg om die aankondiging van Herfs te ontwyk nie. Sommige slimmes vertel dat Winter die einde van die seisoene is en dat Herfs die vooraand van daardie einde is … Soos vandag die vooraand van ons Verlosser se lyding is. Hoe asembenemend is die besef […]
Hoe lag ek nou!
Hoe lag ek nou! Twintig jaar en twee hande vol maande gelede, toe die wêreld nog wild en vry was en my borskas nie deel van my maag was nie, het ek en mevroutjie ’n troue saam met my ouers bygewoon. Aangesien ek nie die mense kan onthou nie en die bruidspaar heel moontlik ook […]
As jy tussen sterre ‘n draai gaan maak …
oom Frank het gesê “fly me to the moon let my play amongst the stars” hoe het hy geweet my hart wag vir jou daar as jy later vandag tot by die maan vlieg bring vir my ‘n klippie saam skryf daarop ‘n liefdesbrief as jy tussen sterre ‘n vinnige draai gaan maak onthou om […]
Sy Laaste Brief Aan My …
“Knock, knock” daar is ‘n harde klop aan my deur, wie kan dit wees so vroeg in die oggend? Miskien my pa, Lenie se pa, wat sal pa tog die tyd van die oggend hier kom soek? Dalk ‘n bietjie suiker of iets leen, ag wie dit ook al is ek gaan maak nou dadelik […]
Vir ‘n prinses
punt jou tone teen die blou kyk hoe luv die winde jou voete wat soms kaal is en soms hoëhakskoene dra en as ‘n prins jou ooit kom vra om sy goue ring te dra soek diamante in sy oë vra hom of hy glo in die liefde en of hy omgee vir die diere […]