Waar meteoriete verskiet
as jou oë deur die ruimtes van my heelal spoed om die stand van my hart te bepaal waar dit vas geanker hang aan die goudgeel maan dis dan wat meteoriete deur my are gloed om iewers in die dieptes van my hart – soos sterre te verskiet gloeiend maal die lawa-gat waarin meteotietstof in […]
Johanna
Johanna skrik wakker van ‘n nagmerrie, sy is papnat gesweet en haar hare is net so nat. “Wat’s vout?” vra Johanna se man Hendrik wat langs haar lê, hy het ook intussen wakker geword. “Ek het gedroom my pa word vermoor liefie, hulle het hom gemartel, dit was aaklig” antwoord Johanna terug terwyl sy opstaan […]
Amber Liefde
Roes rooi vertoon ons as ons val van bome van die hart As ons wankel in ons ruimtes onmeetlik so vol van smart. As die son goud drup oor die vlakte en die gras waai soos golwe prag Tot wanneer herfs knip oog vir die winter Sal ek op jou wag. ”Amber rus ons liefde, […]
Kuierplek in my hart …
bring jou matras en bring jou kombers bring jou gunsteling kussing met die sloop van pers bring jou eie koffiebeker en hout van die ou kremetart en kom maak vir jou ‘n kaggelvuur-kuierplek hier diep in my hart © borrels
Danel (3 Jaar)
My Nienie my liefie my groot-oog meisiekind. Met elke dag wat verbygaan is jy besig om my te help om die waarde van leef te vind. Ek glimlag wanneer ek na jou kyk (en selfs as ek met jour raas) want jy is soos jou mamma al is daar gesê jy gaan nie wees nie. […]
Pelgrimstog van ons liefde
in die warm van jou asem trek ons liefde skadu’s in rympatrone wat sag in diftong deur die vat van jou vingers gly om vir ewig in my hart te bly waar ek dorstig – (soos in die woestyn) my kruike vul soos een sonder ‘n eie wil dan plant ek kosmos sade – (dalk […]
Jou geskenk …
ek het baie lank gedink oor die geskenk wat ek vir jou wil kry soos ‘n toffie het ek daaraan gekou want dit moet langdurig jou hart verbly ek het oor rooi papier en hartjies oraloor gedink en kersligetes en ‘n poeding en sjampanje wat in glase blink maar toe neem ek ‘n besluit glad […]
Minnelied in die berg
In ’n koel-lawend bergpoel hoog teen die berg se hang rangskik ek goue liefdeskrale in lowergroen mos vasgevang groot-oog waterskilpad loer uit verweerde skuit as palmtak se minnelied ons na vêr droom verskiet Meganies retireer deur magies-waterval sproeireën waar hand, hart, honger lippe mekaar vleg-strengelvind skoenlapper in Skepperkleure meesterlik uniek gekwas fladder-vlieg, flikflooi speels met […]
Vergane gisters
papierdun skyfie van die maan gooi seën ruim in bakhand uit oor enkeling en ook vreemdeling wat verlangend na Bowe staar met gedagtes oor wat môre weer padlangs sal baar waar die strepiesmaan dan skaam met ‘n rooi gesig deur traan-swangerwolke loer trek naglug met geraamtevingers nuwe atlase oor onbekende môres ‘wyl die skadu’s langasem […]
Huisie vol vrede
By haar huisie, in die Bosveld – groei die mooiste spierwit roos, wat haar elke dag herinner, dat haar Skepper haar sal troos. Langs die muurtjie, wieg Gesiggies – soos hul knip-oog na die son, klomp gekleurde vlinders fladder, want haar Lente het gekom. Op haar stoepie, in ’n blombak – breek die eerste blare […]