Suiwer
Vers 1: Jy is eg en opreg In ‘n wêreld vol van leuens Is dit jou waarheid Wat onveranderd bly Vers 2: Daar is ‘n kind in jou Wat my herinner aan Walt Disney Die onskuld in jou Sien mens nie sommer om ons nie Voor-Koor: Die wêreld is steenkoud Steeds bly jy fluweel In […]
agter slot (brons)
agter grendel agter glas pronk nou blomme van papirus verander die lewe wat was ons nou ingekerker deur ʼn virus veilig op die vensterbank kyk ons uit oor die warspul vryheid kort voor lank beloftes nou ʼn ronde nul wag net – met tyd kom raad niemand weet hoé nou sal die streng reëls ons […]
Verby die grense van vryheid (Brons)
Sy kyk na hom. Daar waar hy so half pateties op die rusbank slaap. Meteens wonder sy: wanneer het die gesels, opgeraak? Wanneer het die opwinding, verveling geraak? Wanneer het die liefde, gewoonte geraak? En wanneer, is haar hart toe gesluit met ʼn slot en ʼn grendel? Amanda maak ‘n poging om op haar hekelwerk […]
Pappa, ek bou vir jou ‘n triomfboog (Brons)
Woorde: 497 Vyf en vyftig jaar gelede! Dit is ʼn leeftyd, Pappa! Dit is toe die vrou wat haar my ma genoem het, jou met twee klein kindertjies agtergelaat het. Agtergelaat het vir ʼn ander man! Dit het jou letterlik en figuurlik tot nugterheid geskok. Meteens het jy, ʼn man wat maar lekker diep in […]
Engelehulp
In die klaarligte dagbreek as die son geen spraak spreek oorhandig die reëns gemengde sinjalere skielik hoor jy die hikklank van blyvolle druppels uit die hemelprieël as winter nie wil ophou wolk nie. ©Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte
Kraanvoëls op MY AKKER
Daar was prente in die koerant van parmantige kraanvoëls met goue krone op hul kop in die hoofstraat tussen die motors
Lag is die beste medisyne.
(Brons) Lag is die beste medisyne. Ek hoor nog die oumense met die sê-ding: “Lag en die wêreld lag saam, huil en jy huil alleen.” As kind was dit vir my nogal vreemde begrip om te verstaan, want sien: as jy huil wil jy mos darem nie heeltemal alleen sit en huil nie. Wel, nou […]
Babbelbekkie blinkoog
Vetkryt figure versier my mure in helder reenboog kleure vars vetkoek en biltongbrode vermeng met die soet kombuis geure Koekies en kersies en kinderversies gestrooi oor die voorhuisvloer in ouma se huis is almal tuis word almal tot oormaat gevoer hier in ouma se kombuis voel die hele wereld tuis is almal in rep en […]
Kom gesels met my . . .
Hier onder die knus ou wilgerboom wat lui-lui sy takke slepend wieg in die wind waar ons as kinders kon speel en gehieme deel mekaar se sorge en wonde (met omgeedrukkies) wegstreel wis ek lank reeds jy’t vergeet van vrolike sonskynsomers en koesterknus winters jou menswees reflekteer ‘n seerkrykant teen onthou se skaduwand maak oop […]
Die groen sak
(brons) Sara Vermaak trap die sole van haar skoene aan die brand. Sy loop heen en weer voor die preekstoel verby. Van die diakens se vier rye banke tot by die ouderlinge se afdeling en terug. Met elke tree se trap word die vraagteken in haar binneste groter. Wat het sy my die dekselse groen […]