‘n Towerspreuk
Gee my Hoop vir ‘n nuwe dag gee my ‘n stukkie Lente om die donkermaan weer helder te laat skyn Gee my die somer om die skadu’s in my hart te laat verdwyn om die onweerswolke weg te vat Gee my herfs gee my meer om te verstaan gee my ‘n kans om saam met […]
‘n Ma se hart
My kind … jou optrede en woorde skif soos kaf in die wind een oomblik sag soos satyn dan weer druppend van venyn kneeswoorde en dade (hier en daar, deur die jare) wat seer letsels laat my oog sien wat ander nie kan my oor hoor wat ander nie verstaan getrou gee jy elke jaar […]
Dans van die Liefde
Wanneer jou lyf se simfonie adagio in c mineur en myne saamsleur in die suiwer note van die minuet dan sweef ons saam, ons liggame versmelt andante in die tango, smeulend groei die ritme allegretto tot allegro as die paso doble oorneem styg ons saam in allegrissimo P R E S T I S S […]
Kaalvoet Liefde
Kaalvoet staan ek voor jou my hoof is onbedek, my hart is in my hande, my liefde onbevlek. Jy vra wat’s my begeerte, wat wil ek hier kom kry, ek antwoord uit my hart uit, dis altyd maar net jy… want dis ‘n kaalvoet liefde dié waarmee ek jou bemin, ‘n liefde sonder rym of […]
My Liefde
My liefde is die sonstraal wat die skaduwees verdryf as die hartseer oor jou toesak soos die skemer in jou lyf Dis die najaarsreën wat uitsak oor die droogte in jou siel as die seer van jou verlede jou binnekant verniel My liefde is ‘n donskombers teen die winterwind se kou as die eensaamheid se […]
VERLANGE
VERLANGE as die maan so wasig my gelaat afwit so wit so wit net soos my silwer kroon voel ek hoe verlange so saam met asem deur my waai ek neurie sag ‘n liedjie van jare ver ver terug en voel hoe vlerk my voete die wysie ritmies saam ek sluit my oë en wieg […]
‘n Bietjie Son
Ek het ‘n stukkie sonskyn uit die somertyd bewaar, dit in ons storieboek gepars net soos ‘n blom se blaar en toe dit koud word in jou siel, en alles om jou grys en vaal, het ek ons storie oopgemaak en weer die son vir jou gaan haal © Anton Bosch 01/01/2020
DANS DANS MEISIE
(Brons. 1625 woorde) Annelie kyk stip na die goue bord op die koningsblou tafeldoek. Haar hande is styf inmekaar gevou op haar skoot. Die versoeking is baie groot om nie nou ’n sluk van haar vonkelwyn te vat nie. Nie dat mens hel toe sal gaan as jy onder gebed drink nie, maar sy sal […]
Ek groet 2019
Dis die laaste dag van die jaar . . . ‘n dag soos enige ander wat kom en weer sal gaan vaalwit spoegwolkies beklad die kobaltblou lug asof die aarde met staccato-wasem sug die kwik sal styg sweet pêrel op vlees terwyl veld en dier dorstig na water hyg ‘n jaarsak tot barstens vol ingeprop […]
Ongetemde Sonkring
onder vlerkgeklap (‘n engel s’ n) staar jy wanhopig na raaisels in die spieël opsoek na nuwe stukke om die verweerde brokkels van ‘n legkaart (weereens) te maak pas want, deur onheil en smart van nóg ‘n stroewe jaar het selfs jou skadu soek geraak in die swart leemtes van jou ongetemdheid wat roekeloos op […]