Vir Katrein
Vir Katrein Hierdie reis kon sy nie keer met haar vlerke trillend oopgestrek om die wieke van ‘n noordewind te vang hang sy halflyf aan haar spasies en ruimtes wat heelal om alles en almal. Met wilde woorde wat wakker lê in haar mond (om nimmermeer tot stof te keer) flap sy vere uit Walhalla […]
Die stilte in my
Die stilte in my Ek sit alleen langs die waterstroompie en hoor die stilte met my praat ja… Luister … sjuuuuut…. Hoor jy… die stilte in my psige wat met my praat diep gewortel vertroetel diep diep waar ek self daarna soek sagte melodieë in harmonieë barok speel diep in die stilte in my Sjuuuuut […]
Familie liefde
Soms kan mens nie jou familie vergeet nie, maak nie saak wat hulle verkeerd doen. Meeste van die kere kan jy hul ook nie kies, jy word baie vinnig aanvaar, en so baie goeie tye wat julle saam kan en kon deel, wees daarvoor dankbaar. Familie liefde, gaan nie net oor die en oor dat, […]
Hierdie is hemel
Hier sit ek, in die middel van die erf. Met die Karoo wind, wat smeulend van vooraf waai, en die son wat liggies oor hom skyn. Net ek en my kitaar, drome groot en wyd versprei, so baie opgewonde, ek voel weer soos ‘n kind, maar hierdie keer, sal ek vir altyd klein wil bly. […]
My bastion
in die donker dae toe my asem stom (soos kameelboggels) in my oë gehang het, het jou omgee en stil verstaan soos ‘n Josefskleed om my gevou toe die aasvoëls se aanhoudende gepik my uitmekaar wou skeur en hadidas se stemme my mal wou maak het jy ystermure om my broosheid gebou deur stormwinde wat […]
Stormgenade
eendragtige klomp donker wolke blaas swaar sy wasige asem ongestoord oor die uitgedroogde lande donderstorms grom en brom klink soos geweerskote kwaad en woedend brg-brg brul sy stem krg-krg knal hy verder ligstrale in allerhande rigtings stil slaan sy vingers in die grys lug papnat dakke sing soos die reën kletter ‘n vreugdevolle vreedsame genade […]
VLERKLOSE ENGEL
o, engel jy met gebroke vlerke wat in die stiltes standbeeld in eens gewese paradysgalery; meesterstuk van soorte is jy in die skadu’s van jou – selfgestruktureerde – lugversorgde donkergraf perfekte klanke van n u t t e l o o s h e i d weergalm deur jou ywerbid langs ‘n vergulde altaar daar […]
Wonderdroom
Sy het geslaap, onder ‘n boom vasgevang in ‘n wintersdroom. Dit was ‘n versterde stem, van ver wat bẩẩh-blah-blah soos ‘n bok sonder bler. Sy wou so graag weet hoe om te gister vergeet. Haar hand het sag rond ge-aai; traan-langs geskoppelmaai. Soet het haar siel gebloei asof sy met Goliat stoei. Verwarring het haar […]