King Kong en die nagwag
John Smith was nog nie heeltemal gereed vir aftrede nie. Hy het gedink hy is, maar na ‘n maand saam met sy dierbare vroutjie, Jane, het hy besef sy gaan nie dierbaar bly as hulle dag en nag in mekaar se geselskap gaan wees nie. John was sy lewe lank ‘n deur-tot-deur verkoopsman – van […]
kern gedagte
– ragfyn loop dit deur die jare deur die geslagte van die Vader vorm dit dié boodskap van alles wat moeite werd is om te onthou wat sou ons daarsonder kon wees waarmee sou ons kon bou in vlees sou ons die regte pad kon volg nie afdraai en verlore raak stellig nie, dalk heeltemal […]
Koningsprotea (Protea cynaroides)
Ikoniese figuur ons Nasionale blom – die Koningsprotea ikonies van Suid-Afrika Koningsprotea (Protea cynaroides) Fynbos en kronkelpaaie Vlaktes nasionaal diep oopgetrap Jou suikerbos so sensueel begeerlik Meeldrade poeierwit soos Chantilly kant veelvormig in kelke, ‘n liefdespienk Die Suidooster nader onheilspellend Soos Proteus ‘n metamorfose Herder van antieke geheime. © L Barnard
Tussen branders
– met bonsende hart bestyg hy vanoggend die duin van sy hart – tussen branders lê daar trane en wag is daar mooi en pyn – later, veel later sal die wind weer waai wolkies reën giet – geen meeu sal kerm geen seevoël sal kekkel geen mossel blaas – tussen golwe lê daar verdriet […]
wat kom
– vanoggend lê die mis skielik dik gister was stilte voor die storm sterk winde het gekom en gegaan deurnag alles verander wat bestaan – wat gister waarheid en kultuur was het vanoggend wakker geword sonder mag versteekte kragte het oral vernietig, verbreek die hele wêreld-bestel is verander in chaos – wie sou verlede jaar […]
laars
– girts-garts trap die laars opgerits tot bokant die knie slof-en-stap uithou stap – swaar gelaai skouers vas toegerits tot bokant my ore krom-gedra klam gesweet – verbewe lê jy nou daar ingeweef in kalkrantsloot koue te verbeur snags – fiks tot oor my hoof niks of niemand gestuit voor niks knie gebuig – sit […]
groteske britanje
– hoe het die helde geval skarlaken drag en helmet op deurweek met gierigheid se lus het hulle die wêreld geblus gestroop van goud en klip verguis en vermoor elke opponent se eggenoot en nasaat – gister se helde, vandag se drek selfs nie eie prinses gereken stroef en bars met elke slag steeds bar […]
soos grond
– bakstaan agter vier osse rooi met wye horings afrikaner-osse met krag vastrap seun, die son trek water draai kort daar net voor die boom van kort-draai na watertrog van inspan na uitspan dagbreek tot sononder ruik ek die grond in sooie se val reuke van lewendige grond – ©Teãrlach
Oktober – nié ons “mooiste, mooiste maand”. (SILVER)
Oktober – nié ons “mooiste, mooiste maand”. So amper verbeel ek my ek hoor jou, Mnr C. Louis Leipoldt wat die welbekende woorde voordra: “Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, So blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, So blomtuin-vol […]