Veins
Veins Ons is dikwels sommer net hartseer, sommer net baie bedroef, en soos die harlekyn veins ons maar die glimlag en poseer soos ‘n model voor al die oë wat nes kameralense op jou gerig is en verberg die rou hartseer diep diep binne die donker kelders van jou hart vanwaar dit soms so onverhoeds […]
Genade Here Genade
Genade Here , Genade En nou bly geloof, hoop, liefde, hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde. (1kor 13:13) Maar Here die ou kindjie is wreed vermoor hoor die skok gejammer wat koor tot U oor by aanskouing en terugsteiering soos met stang en ingehoue toom die pyn afwerend wrang! GENADE HERE GENADE […]
Grondroof
Jy is oordwars vertrap, verslof, deur bees en bok oorwei en sonheet rol die donkies stof waar vrugte eens gedy. Die syfering waar veergoed les is nou verharde rots; die kweperlaan waar goggas nes was kindtyd Ma se trots. Die plaashuis stal vernielsug uit met afgesteelde dak; en gate wat eens vensters was verspook met […]
Verby die dal van stilte
Ek tuur oor die horison, kyk verby die lyn wat skei tussen wat ek weet en wat verby moet gly… Ek tuit my oor om beter te hoor en slegs hol eggo’s weerklink dit sak af en begin insink verby die dal waar stilte rus Dit spoel verder as die groene velde na waar weiding […]
My drie wense
lank gelede toe ek ‘n lampie optel het ek in gedagte begin vryf my hand maak sirkels terwyl ek drie wense hoog in die lug skryf nommer een was eenvoudig, mooi en sag ek wens dat jý -net vir my- jou lag sal lag nommer twee was baie diep ek kon dit nie keer maar […]
Oorwinningsgloed
soos ongesuurde brode het die oudag in jou oë gebreek terwyl jou mond sag oor die wonder van Pasga spreek – dan het die oewers van jou Eufraat wreed in twee geskeur tot waar die souttraan oor jou wange, die dors moes voed laat die bitter beker eens verbygaan; vergeef dan tog hierdie wanhoopstraan, en […]
Sing vir oulaas weer Elvis
gee my jou hande vir die heel laaste keer kyk, ons albei het letsels ons albei het seer wys vir oulaas jou wonde en ek wys jou myn’ beide geskonde gevlek en onrein die lig in jou oë dit bly my ontwyk eens was daar sterre en lag in jou kyk hoe sag kon jou […]
Kom Westewind, Kom Oostewind
Kom Westewind, Kom Oostewind Dis reeds laataand en die troostelose wind waai nog steeds rondomtalie om en om die huis, dit suis deur die bome en o, ek gooi sommer hierdie hartkamers van my wawyd oop en nooi hulle kom waai maar deur en neem jul beurt o noordweste reënwind en droë oostewind — Kom […]
Feëtjie Hond Prinsesse
Eendag lank, lank gelede toe Feërie nog jonk was, was daar twee prinsesse. Hulle was ‘n identiese tweeling. Hulle was Feëtjie Honde. Feëtjie Honde het pragtige swart pels met bruin pote, bruin pels langs hul monde, bruin pels oor hul keel en ‘n dik bruin streep oor hul borskas voor. Nes Rottweilers. Die […]
Kyk mooi na my hart
Kyk in jou sakke In jou kar In jou tas Kyk oral Waar jy dink My hart in kan pas Dalk kan ek hom Vir jou ‘n Ander tyd stuur Ek is net bang Jy vat hom weer saam En los my hier