Syns vir die Najaarsblomme
Roesvlekke op die najaarsblomme vertel haar ‘n storie wat sy nie wil hoor nie. Mae knyp haar oë toe, maar dit help nie. Beelde van wat gebeur het vul haar hele wese. Twee Feëryke buite Feërie het baklei oor eienaarskap van die land waaroor sy loop. Swaarde het koppe verwyder; pyle het hul merk getref […]
Wag ‘n bietjie (apologie aan Totius se vers: Die Godsbesluit)
Ek dink jy pas soos wind in my hare asof iemand steel oor ‘n harp se snare en klank my holtes met die walms van jou adem want onder dié sluwe seisoen se sang babbel almal Babilonies sonder om te bloei, maar jou woorde wals s-t-a-d-i-g om my wêreld — eenkant in my koue winter […]
Die see se sang
Die see se sang Die see sing so saggies vanogend bruisende branders breek ritmies getui-in getui-uit getui-in afgestomp teen die storms binne my miskien kan ek hier rus en vrede kry die wippende water maak my seer stil buigsaam soos die branders, breek my wil. Sjoe-sjoe ritmies eentonig heen en weer daag die stille oseaan […]
Aardsengel
In haar waansin wou sy ook weet wie se beeld lê dan in haar geskape — ‘n rib, wat nie heeltemal pas; stof wat stink in haar siel. Terwyl die blou in die weste goud word wens sy weerbarstig en waardigterlik – haar vonnis en sy lot is klaar verseël met die swaard van gereg […]
2017
Is dit eers as ritmiese refleksies van die lewe rookseine uit jou asemsnare ruk; dat die werklikheid tasbaar raak wanneer woorde bloei oor jou wese – geskandeer tot klankbedrog in waaigras. Is dit eers as simpatie vereenvoudig in simmetrie; woed deur die klankbaan van wat jy voel dat jy die reuk van realiteite sien rym […]
Om andersom te bid
2 Kor 5:1 – “Ons weet dat wanneer ons aardse woning wat maar net ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dis ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan.” Hier waar ek sit en wonder onder winter se nat […]
Help Die Mal Vrou Skryf
Help die mal vrou skryf met haar pantoffels en bont truitjies, ‘n sigaret wat helder brand en ‘n glas wyn in haar gekreukelde hand, Help vanaand die mal vrou skryf met Neil Diamond plate wat in die agtergrond blêr en die drome van ‘n verlore liefde in die wereld so ver, Help die mal vrou […]