Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Hoop"(Bladsy 46)

As laaste goud van die dag oor vlaktes van my hart kom nestel en tarentale se skel gesange droewige verlange in my hart aanwakker kyk ek op na daar waar sekelmaan trots sy kop bo hemelliggame kom hang en vlonkerende sterre in die hemelruim speels vir my knipoog vir my glinsterende trane dan stuur ek […]

Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was die jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel. Veral as ons voor ’n donker […]

As my woorde ’n vroeë dood sou sterf my witpapier sy asem verloor sal ek gaan tiekiedraai in die oostewind se koue arms tot ganspuisies my oortrek ek sal luister na gekwetter van voëlgesang tot my ore vir my fluister my oë bejeen kwashale van die aandrooi drink elke kleur in want hoe kan my […]

O, die weeklaag van die oostewind haar koue sister aan haar gebind hul dreunsing saam beloftes van hoop donker wolke vergaar bedreig barre veld boere bespied hemelruim gelig hul somber luim Reëndruppels p l o f p l o f in dorre stof stil versugtings na vog. © Taai Bonthuys

wanneer boeie met ‘n bewende geskal onder murmerering van my stem klang die Rietsee opstandig wal staan en aalmoese om my val as drome die pad na my hart verloor purperwoorde verdor tot swart en bye nesmaak in die karkas van my hart dan sal ek steeds vir jou kaalhand ‘n voetpad deur palmiete stroop […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed