God se Lappieskombers
‘n skildery uit die hemele bymekaar gevee met God se besem deur wind en weer netjies in patroon kom skuif ek op my bankie in voor God se Troon herfstyd die mooiste tyd kleurvol en met soveel prag geen tyd aan dit verbonde kom God se beplanning so getrou in die natuur groei weelderig Sy […]
Blou Sleutel
Blou, nie hemelse blou, nie see blou nie maar bloumaandag blou alles verkeerd en deurmekaar. Grafieke getrek groei gevrek aandele val, inflasie steel geld totale ekonomiese verval Gekkeparadys almal val hals oor kop om begrootings te laat klop blou aandele ook maar minder werd Saamgesleepte probleme met blou kettings aan jou vasgesluit word remskoen vir […]
OKTOBER (SILVER)
Oktober Oktober is die mooiste Kalendermaand Telkens so aan ons Oorgedra deur die Bekende Leipoldt: Enig in sy liefde vir Roerende woordkuns ©Marlene Erasmus 31/10/2021
OKTOBERMAAND (SILVER)
Oktobermaand Ons stap hand-aan-hand: Krakend die Jakaranda blom Tussen kaalvoet en teer Ontmoet ons drome mekaar Binne die realiteit van Ek-en-jy Raak ons weg in die Mooi van ons eie sprokie-verhaal As ons hand-aan-hand Aanstap na die Nimmereindigende Droom van ons verhaal ©Marlene Erasmus 31/10/2021
Oktobermaand – is dit al tyd vir Kersfees? (SILVER)
Oktobermaand – is dit al tyd vir Kersfees? Ek is versot op Kersfees en al die lekker dinge wat daarmee gepaardgaan. Ek kan gewoonlik nie wag dat die spesiale seisoen van die jaar aanbreek nie. Aan die anderkant vang die idee van Kersfees my hierdie jaar my amper bietjie onverwags. Hier in die tweede week […]
Ewige dankbaarheid
dertig jaar terug Liewe Heer het U my met U liefde kom vul die afgronde het my gegryp waar dinge nie maklik was nie maar daardie dag dertig jaar terug het my hele wese na U gesmag terwyl woorde oor my ore gly en sagte hande my gesig aanraak kom lê dit diep in my […]
Wonders van die lewe
lê in gebede wat jy vra presies wat jy vra is dit wat gebeur God se vrede en genade lê opgesluit in dit wat jy met Hom deel vra hardop en reik uit na Jesus dit is geen onbegonne taak berge kan padgee en heuwels vergaan maar Sy liefde en genade sal nooit nie verdwyn […]
Oktoberfees in September
(628 woorde, Silwer) Met ’n allemintige 6.4 miljoen besoekers en 6.7 miljoen liters bier, staan 2013 uit as ’n rekordjaar vir die Oktoberfest wat jaarliks in Munich, Duitsland gehou word. Dit is die grootste volksfees ter wêreld en al is die naam Oktoberfest, word dit eintlik gedurende die laaste twee weke van September gevier en […]
Vuurspuwende liefde
verskeurende vuurspuwende vulkaan spoeg jou longe dit uit aan verterende vuur die aardkors met swart lawa gevul so spoel my binneste van liefde wat uitgestort wil word oor die ganse mensdom bogrondse aardbewings kom na vore die hele ganse wereld wat aan flarde is my hart kook bolle stoom te min besef die gemors waarin […]
oorsig uitkyk insig
– in die oorsig van my lewe is die uitsig skoon dit was nie altyd so nie soms sien ek net hoe ek voel ander kere sien ek met insig omdat my uitkyk positief is dan verkry ek insig in my lewe – ©Teãrlach