liefdes oomblikke
– die oggend ster blink in jou oë sonstrale kleur jou vel in pastel jou hare blink in goue strepies my hart versag, ek adem jou in – oor jou skoonheid heers vrede gedagtes rimpel oor jou aangesig nooit eentonig maar tog gedweë verdiep my hart se wense saam – lang skadustrepe vestig geheue laatmiddag […]
Woordbloeisels (goud)
Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf want daar is niks wat ons van mekaar kan erf al moes ons as ‘n bystelling oorbegin maar ek sal jou in my mond ewig vasboei want daar is geen keer as woorde ons laat bloei. © 9/2022 Caren Kearley […]
Teenstryd (goud)
Soos ‘n vlietende ewigheidswese moes ek soms my hande biddend om jou vou net om só aan ‘n stukkie van jou vas te klou omdat ek jou lief wou hê sonder vrese maar my mond was vol letsels en vlekke en jy tussen hier en nou op ander plekke. © 9/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese […]
lewenstempo (SILWER)
lewenstempo die lewe: goed gekomponeerde lied die groot Komponis se note verskyn eers sag in tempo wat dan snel verdwyn andante andante pas aangebied hoe ouer jy word hoe vinniger is die melodie van die lewe gewis ©Marlene Erasmus 28/09/2022
rein
– ek is ‘n kindjie klein in my koppie is daar nog ‘n skoon brein selfs die trauma en klanke van geboorte kleur nie die skoonheid van my onskuld waar sal my eerste sonde dan wees ingebore en in sonde ontvang en nie so rein gebore of lê die waarheid dalk meer oppervlakkig nader aan […]
lig in die bankrot skuld
– bitter is die gal van my geheue oor bankrot beloftes van leiers leiers wat hul volgelinge verraai het wat hul kiesers bespotlik gemaak het wat hul eie nageslag beswadder het nie verdien om op ‘n grafsteen herdenk te word nie – soet is die wete in my hart dat die boere volk integriteit het […]
Oggendvers
Voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n vers vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskyndende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag toe die ou bloekomboom vir die laaste keer fluister net voor die wind haar kom vat het ek saam in wenteltrappe na bo gestorm om beter te kon sien ‘n onstuimige son het haar om my gekronkel maar ek het harder probeer om bo te kom ek wou afkyk om deur […]
kom na my huis – my woning (SILWER)
kom na my huis – my woning hier waar my hart is, sal jy my vind tussen my ougoed en onthougoed met ʼn leksel verf en skeut sentiment ʼn muurbehangsel op katoen gedruk vrolik laggend gesigte in portretrame vertel ons woning in sy stille woorde vir jou die pad van ons lewensverhaal … ©Marlene Erasmus […]