Beertjie sê Brr!
Ná sy middel-winter yskoue stort sê Beertjie Brrr! Vars & fris! Beer op! Beer aan! Beer voort! Boetie sê hy is ‘n vuurvegter ‘n brandweerman met sy geel en swart baadjie aan en sy helmet en flits. Sy manne staan vas teen die hitte en vlamme van die brand sterk en vreesloos. Klein Boetie is […]
briefie
ek skryf vir jou ‘n briefie sommer op my dagboekie sulke klein blaaitjies liefde stuur ek aan jou elke dag ek lees jou liefste woorde en bid dat jy nog veilig is lewe gaan voort maar saai sonder jou daar in noorde ek skryf vir jou van liefde hier waar dood om heers kartetse ontplof […]
serannie
agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]
armoede
kinders klein met skurwe hakskene barstende tone in spierwit ryp stap hulle skooltoe en hoes heeltyd neusies loop strepies oor vuil gesigte neëntien vyftig was begin jare van “baby-boomers” meeste het maar swaar gekry na die oorlog meeste het met meelsakbroekies geloop meeste het maar op pap en sous gelewe meeste het opgestaan en sukses […]
Opgebeer!
Kom hie’so hie’so baba beer! ABC Bikers baadjie rooi slaapmus wit tosseltjie en al. Soos ‘n koning op sy hoek van die bed baas van die plaas. Kyk die klein beertjie hoe vrolik! Opgeruimd lag hy en glimlag breed en lag! Ogies ondeund blink! Sy is al so lank weg Boetie Beertjie sê moenie huil […]
ouma vertel
vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]
Soetlief en die ondier
Terwyl die son skuins hang in die hemelruim en alles wat aan bome moes bloei verdroog kruipend teen die grond rondsleep, dobbel ek met karma – daar is te min tyd en geloof; te veel geld en goeters wat windgejaagd nagestreef word en iewers in ‘n stad woon daar mense in opgedinkte tronke en hier […]
Boetie Beertjie
Ja dokter die probleem is my beertjie. Boetie. Dit gaan oor sy nooi hy het stil-stuipe. Ek het my hare in my hande. Dokter kan niks vir hom doen nie? Nie eens psigo-analiese of dalk net ‘n inspuiting? Nou sê hy hy weier nou om te eet. Moet ek hom forseer? Hy sal niks drink […]
man + vrou = huwelik
alles wat lieflik is maak jou hart sag verbeter jou dag alles wat loflik is hoflike mans is reg maak vroue waardeer eerlike vroue presteer ongesofistikeerd eg ervaring slyp verhoudings liefde deur gelyke deelname maak vir lang verbindings ©Teárlach
Bertus se sandale
Bertus se sandale (opgedra aan alle onderwysers wat nie swyg nie.) “Oom Bertus se sandale, en orals vaal is God” as kinders sing ons hierdie woorde, en ons wéét daar is één God! Maar dit was die verlede, heel anders lyk die hede! Skool het nou geen tydjie meer om kinders van óns God te […]