‘n Kind se Seer
Die seer wat in ‘n kinderhart kom lê kom nesskop en haar wese infiltreer, wat saam tot wasdom groei haar later alle vreugd’ ontsê, word dan die tralies wat die siel omsluit, die lig kom in maar sy verleer hoe om haar hand daardeur te steek om selfs die krummels van die liefde vir haarself […]
Kinderilla
Onbepland die wêreld in reeds verstoot by eerste lig: lelike grys eendjie. jou eerste enetjie. So word Kinderilla groot bewe haar onderlippie, as sy smekend vra: “Moenie loop, seblief, Pappie.” Druppeltraan oor haar wang, klink haar kleuterlied elke aand. Kinderilla se mammie en pappie en familie skaterlag en kuier saam; Neefs en niggies jaag en […]
Nuwejaar, net nog ‘n datum
Nee, ûh-ûh. Hierdie gewoonte van die mens om nuwe jaar met ʼn groot lawaai en dikwels ooglopende dronkenskap in te rumoer, is en bly vir my onverstaanbaar. As gesin het ons ook in die kinders se grootword jare ʼn handvol klappers gekoop om hulle te vermaak en niks daarmee verkeerd gesien nie. Vandag laat ek […]
Genade
“Jy kan ook net soveel keer in n deur vas loop jy weet”. Sy vou haar arms beskermend oor haar lyf. Hoeveel keer moes sy al hierdie woorde hoor. Die monitor beep beep saggies en sy luister na sy rukkende asemhaling. Moet sy of moet sy nie. Dis maklik, draai net die drip se kraantjie […]
Tanka 3
(goud) sy nuwejaarsbruid (in rookvaal sluiers gehul) strooi asgewade oor Leeukop se fynboswang – swart roet haar soen van verraad © Carma Shaw 29 Januarie 2019 4:08
Dis wéér al (met apologie aan Jan F.E.Cilliers)
dis die blond, dis die blou dis die pimpel en pers dis ‘n woord-hou en ‘n hart-steek gesalf en gebind in my helende vers – ‘n purperkleed bo-oor die wreed dis al… © Charleine Collins 16 Januarie 2018
MY SKIPSKOP-STUKKIES SEUNTJIE
{Waarskuwing: Die skribbel bevat grafiese inhoud; nie vir sensitiewe lesers nie!!! Dis soortvan ‘n uittreksel uit my boek – dis nie vir sensasie of simpatie nie, maar net om te bewys hoe GROOT die God is wat ons dien, dat ek na als steeds innerlik gesond kon word!} MY SKIPSKOP-STUKKIES SEUNTJIE En iewerster in die […]
Selfvernietigende Liefde
haar lyf en emosies was die slaansak vir sy pyn met sy vuishouwoorde het haar liefde vir hom gekwyn die doodsteek van haar liefde was elke hou wat oor haar wang vee selfhaat en angs vernietig haar tree vir tree om hom lief te hê was die volmaakte vorm van selfvernietiging, die nuutste norm met […]
Generasies 2.: Die anderkant van klein dorpies
Dinge lyk rustig en gesond op die platteland. Dis goed vir kinders en alles loop hand aan hand met die welsyn van die mense en elke gesin. Tog, tussen onbesorgdheid so vry en volslae ondraaglike waansin, is daar dikwels net ‘n voordeur wat skei. My pa was briljant, en lief vir my, maar soos sy […]