Gemmer katjie
Smekende blou ogies soek net liefde, warmte; ‘n stemmetjie wat huil roep hartseer vir hulp. Hy het nie verdwaal nie maar verlore is hy wel; soekende na ‘n moeder wat jy hom ontneem het. Hy het gekom in onskuld, maar jy veroordeel hom; in die straat weggegooi sonder enige verweer. Koud en honger stry hy […]
Agter geslote deure
Agter geslote deure van hul volmaakde bestaan dreun die harde woorde wat deur haar menswees slaan Haar selfbeeld is stukkend haar menswees, net ń hopie as haar oë net ń herinniring van die sonskyn wie sy was Hy slaan nie met die vuis nie maar moker met die tong sy woning níé haar huis nie […]
GEKIES
GEKIES? Verwarring in teenstrydigheid en bewys van my dwaasheid my keuse of my lot? Gooi mense my vensters stukkend en klippe breek die ruit van my siel… Dan moet ek staan want niemand wil opstaan. Ek moet versnel in my keuse, hul kan maar aanhou gooi Ek hardloop nie weg. Nou en nie later sal […]
Op dowe ore
hoor, hoor! swaardswaaiers ons wêreld se kinders ween – bloed aan jul hande © Carma Shaw 25 Maart 2017
Bloed plasse
Tussen bleek hande en groen sakdoeke tussen die vlees en glas soek ‘n seun in bloed na sy sussie… slaap rustig kinders
Slawekind (Haiku)
Mumbai slawekind seshonderd rupees té veel herfs – jou hart se lot
Sê Net Dankie
‘n Baba wees gelaat. ‘n Boemelaar honger op straat. En dan het ons nog die “cheek” om soms te kla. ‘n Kindjie afgeknou. ‘n Lyfie seer en blou. En dan voel dit of ons soveel berge dra. Kom ons wees net dankbaar. Wees eerder net dankbaar. Kom ons sê eerder dankie, dankie vir als wat […]
In die pyn-see van slagting
Haar asem snak deur haar moeӫ lyf voor sy ploffend neerslaan in haar vier spore dood Geskend Gemartel Verneder Onskuld verwronge Kan daar ooit regverdiging wees vir hom wat leeg is in die gees? Hy wat alles kom verniel is daar in hom ń reine siel? Iewers in die bos hardloop ‘n renoster wesie verskrik […]
Rooivlam II
Met die eerste oog op doodslag Dit is vier uur op ‘n koue Sondag wintersoggend, vir een of ander rede kon Johan Van Schalkwyk nie weer aan die slaap raak nadat hy twaalf uur wakker geskrik het van ‘n nagmerrie nie, maar hy lê rustig in sy bed en staar na sy vrou, hy staar […]
„Die Film MEDITERRANEA Refugees welcome
Die Film MEDITERRANEA Refugees welcome „In hierdie intensiewe drama skilder die regissieur Jonas Carpignano [sê karpi-njano] in half-dokumentariese styl die noodlot van twee vlugtelinge wat uit Afrika na Europa kom en met die alledaagse rassisme konfronteer word.” So skryf Michael Meyns in FILMSTARTS. Hy sê verder dat Carpignano in sy werk die prinsiepe „Waaragtigheid en […]