Sterlig van genade
Onthou jy die kersliggies in die donker duisende sterre wat skitter en wink die aandster het stil aan die hemel gehang – ‘n wit kristal wat in die swart nag blink – die melkweg het die pad gebaan – die veld silwerig in die doflig van die maan ‘n wonderwêreld in pêrelglans gebaai en die […]
Kinderkersfeesrympie
Ek onthou nog daardie kersfees (wat was ek, amper drie?) ek’t ‘n donkiekar sien aankom in die wit lig van die maan onder sterrelig en klokkespel moes ek verwonderd staan oor hierdie groot gebeurtenis waarvan ek min verstaan die ou oom op die donkiekar het steun-steun afgeklim sy baard was wit, sy lang jas rooi […]
Versprei
Sy behoort nie aan iemand nie. Sy behoort nie aan ‘n man nie. Haar siel is fyngetrap in stukke getrap lank gelede deur baie mense die stukkies het verpoeier en is opgeneem met die wind en versprei deur die heelal en soms as jy gelukkig is kan jy van die stukkies sien blink in die […]
Herfs kom metr die sekelmaan
sy het gekom met die sekelmaan skugter in die skemer van die nag ek merk haar in die oggendlug verfrissend vars, half onverwag die najaar bloei in roes en rooi bome verkleur in ‘n goue gloed eik, populier en wingerdblaar ‘n grand finale, ‘n laaste groet dae word koeler, nagte langer seisoene slegs van korte […]
Kiekies van my verlede
Gebeure uit my jeug speel voor my af soos ‘n tafereel, soms in sepia vergeel soms in die helder onthou van swart en wit, soms grou ‘n baba wat oopkeel lag ‘n moeder se oë sag herinnerings in brokkies geboks in miniatuur blokkies stories vertel in die hede -kiekies van my verlede
Waar eike droom
Dorpstraat se afgewitte huise (vandag meesal aansitplek vir spyse) neem my op verre paaie plek-plek half verwaai in vergetelheid van tyd die ou meulstroom vind ek nie weer moes seker ook die knie knak voor die aanslag van die tyd maar Eersterivier gaan sy gewone gang kabbelend oor spoelklippe heen my jonkweesdrome lê windverwaaid tussen […]
Melankolie
Ek vra hom hoe voel hy die meeste van die tyd… daar diep binne waar ek nie kan sien nie. Na ‘n oomblik se peins sê hy “melankolies, nie ‘n diep, donker depressie nie, net… melankolies”. En dit sit my aan die dink. Wat laat mens melankolies voel? Wat beteken melankolies eintlik? Die HAT sê […]
Kersfeeswonders
My nuwejaarswens van ‘n duisend sterre vir ‘n ieder en ‘n elk het my gedagtes weer laat koers kies na kerstyd as kind. Sterre laat my altyd aan kersfees dink, sekerlik vanweë die kerstoneel in die kinderbybel met die Betlehemster wat helder in die hemel hang om die pad aan te wys. Vandaar seker ons […]
Die geur van onthou
Tog wonderlik hoe mens se sintuie jou gemoedstoestand kan beïnvloed of jou skielik na die verlede kan verplaas. Klank, geur en beelde kan jou oombliklik herinner aan gebeure uit jou kinderjare en glo my, hoe ouer mens word, hoe sterker word die assosiasie tussen sintuiglike waarnemings en onthougoed uit die verlede. So paar jaar gelede […]
Adoons en Monster
Ek het Adoons en Monster ontmoet die dag toe ons in ons eerste huis ingetrek het. Die huise in die buurt was oud en verwaarloos, maar die prys was reg en ons het, soos alle jong getroudes, kans gesien om dit vinnig om te tower in die ideale gesins-nes. Aan die een kant van die […]