KINDERS
KINDERS hoe sal ons weet hoe diep moet ons grou hoe sal ons maak om al die wortels van kankeragtige haat uit goeie grond te roei want sluipend lopend en sommer oornag spruit geil die leuns moordadig gedoring soms wêreldwyd vertak ek wonder dikwels en dink verlangend terug hoe onbesorg ‘n kind kleurblind kaalvoet skaterlaggend […]
Sagte blou oë agter ’n goue raam bril
Dit was ’n warm somersdag en die twee periodes net voor tweede pouse. Ons standard 4 klas (graad 6 vir die millenniums) moes ’n uur lank in die Afrikaanse klas sit en goed leer waarvoor ek nie eintlik omgegee het nie. Tog, ons opdrag om iets oor ’n Afrikaanse digter te skryf, het ek met […]
HOU MY STYF VAS HERE
HOU MY STYF VAS HERE Here U maak my volkome vry hou my styf vas Here as my voete gly hou my styf vas dat ek in U wil sal bly hou my styf vas dat ek my sondes sal bely genees my Here as my hart aanhou bloei troos my wanneer die trane vrylik […]
Die laaste klip
Sjuut, bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op […]
Teenstryd
Daar was spore oor die witsand wat deur die duine loop weg van die branders weg van die see weg van die meeue en rotse ek het dit gevolg tot by ‘n treinspoorlyn; by ‘n verlate stasie – hier het ek gewag vir ‘n dag wat dalk nooit weer sal kom. © 2018 Caren Kearley […]
Ek voel nog jou naam
Ek vind jou nog steeds onder bome, in skadu’s waar jou beeld somtyds rus. En ek skryf jou naam bo-aan verse; tussen woorde – waar daar leë ruimtes is. Ek hoor nog die voëls se gesange – ‘n mossie, ‘n muisvoël, ‘n duif … onthou weer die soet van seisoene; roes was die wingerd en […]
Lappies kombers van ‘n Engel
Onthou jy nog die Slamaaier smous en sy donkie wat stadig loom in sy sonnedroom… langs pop’lier in die oggend dou? Van appel en granaat tussen als en nog wat snuitery en twak tot lappies lap en brokaat vir ‘n sjieling of twee koop jy ‘n week se snoep vir algar oppie stoep voordat die […]
Toe ons nog jonk was
onthou jy hoe het ons gedink die windpomp waai die wind hoe die blinksaadgras in die moreson vir ons kon dans en wink ons kon prentjies in die wolke lees soos stories in ‘n boek fonteine kon ons ons verbeel waar hitte op spookpoele speel geglo dat eggos in die koppe weerklank se roepstem is […]
Seevakansies
Ek sit nou die dag op die Walvisbaai Hengelklub se dek die kindertjies op die strand en dophou, ‘n dogtertjie en haar ouer boetie wat hulleself ure lank vermaak met sandkastele bou. Dis veral die dogtertjie wat my aandag trek. Ek skat haar so vier jaar oud, serp om die hare gebind met ‘n kuitlengte […]
Laventelhuis
Wanneer die lenteson – laatmiddag – haastig na benede sak en die laaste strale lou en goud oor jou stoep en teen jou mure bak – dan wonder ek: Wie het jou gebou, wie’t jou stene op mekaar gepak, sement so teen jou mure aangeplak; wie het die pleisterwerk gedoen, by watter naam sou ek […]