Ek vlug soms, lief
Ek vlieg soms oor ons land, my lief ‘n enkeling aan’t vlug van hierso tot ‘n verweg plek soos duiwe deur die lug. Ek vlieg soms waar die wolke wit oor berge heen en t’rug so asof ek nie bang is nie soos duiwe deur die lug. My lief, die veld is soms aan’t blom […]
GROOTTE HEER
GROOTTE HEER U is my grootte Heer U vergewe al die seer die wonde wat binne my bruis bring geneesing op die kruis uit die leë graf weer opgestaan weer terug na die Hemel gevaar so dankbaar U is in my lewe U het ons sondes vergewe ©Eleen van Deventer Vorster
Nadat jy weg is
tussen soetdoring en granatebos het tarentaal se kind ‘n veer gelos voor die witgekalkte baksteenmuur naas die oop deur van ‘n leë wolskuur (êrens in die middel van die droë Karoo daar waar ‘n mens nog in God moet glo onder in ‘n laagte waaroor blou lug strek daar waar lammers van die dors kan […]
As die visbakkies inkom
die lagune lê stil en silwerig in die half-lou middaguur ‘n skildery in blou-asuur en die geur van see hang in die lug swikkend sleep visbakkies in laag in die kalm water swaar gelaai met blinklyf-vis in die son ‘n skittering Harders by die tonnemaat word van die bakkies afgelaai skep en gooi vir ure […]
As die visbakkies inkom
die lagune lê stil en silwerig in die half-lou middaguur ‘n skildery in blou-asuur en die geur van see hang in die lug swikkend sleep visbakkies in laag in die kalm water swaar gelaai met blinklyf-vis in die son ‘n skittering harders by die tonnemaat word van die bakkies afgelaai skep en gooi vir ure […]
Moederland
O land van my geboorte – my voete is geanker aan jou grond. My vingers is verstrengel in jou gras; my gees dwaal oor jou vlaktes rond. My siel – my siel sit in jou klowe en binne skeure in jou berge vas. Ek hunker ewig na jou son, jou blou-blou hemel en na jou […]
Splinters van my lewe
vlae van herinnerings soos drome warrel immer deur my kop soos winterswind deur bome soms fluisterend sag gerusstellend in die nag soms huilend soos ‘n roubeklag herinnerings, herhalende refreine die melodieuse roep van kelkiewyne wat kom water drink by die krip voor die son agter die horison inglip korhaanpare se liefdesduet, weemoedig mooi, soos ‘n […]
Die klank van geluk
As ek so ‘n paar dae in die veld rondgery het met net die wye vlaktes en veldgeluide, word ek teruggevoer na my kinderjare op die plaas met ‘n hunkering wat al hoe meer intens word, maar my ook soveel plesier verskaf. Net soos geur, bring klanke uit my kinderjare gelukkige herinneringe. Die hoenderhaan se […]
Liewe Vincent
Wat van jou laaste brief geword het, weet ek nie verseker, maar sou ek jou afgesnyde oor om ‘n gesellige tafel, in my sakdoek kry, waar sou ek wees en wat sou dit aan my doen? Miskien sou ek ook deur jou wolkblomme sweef en my traanspatsels in blou kringe oor jou sonneblomme verf, of […]
Waar seemeeue draai
tussen seeduin en woestyn – ‘n spikkel aan die skedelkus- ‘n plekkie klein waar jy in vrede kan kom rus, waar jy die stilte hóór, die ruising van die see jou mateloos bekoor en van sy kalmte aan jou gee waar die noordduin en die suidduin tot by Solitude se draai jou uitnooi asem te […]