Lorelei
Daar’s ‘n koel wind in haar hart waar sy eenkant op ‘n rots alleen die blougroen vloei en eb en skuim en spat betrag en aanklank vind met elke seerkry bokspring van haar eina-hart. Die lagplooitjies om haar oë ets dieper sodat oudagseer soos weerlig net ‘n oomblik wys en weer verdwyn Sy lig die […]
Die skande aan my hande
met die pantserlaag om my hart weggeskeur het jy my vlyend ingetrek in ń doolhof van leuens vasgekeer in die prisma van ons liefdesfleur my siel tot naaktheid oopgevlek met die pantserlaag om my hart weggeskeur vals motiewe met illusies van liefde verkleur my hande met skande bevlek in ń doolhof van leuens vasgekeer met […]
Splinters van jou siel
Skerwe en splinters knars onder die voetloop van jou hart, eggo tot in die binnekamers van jou siel en word vermorsel deur die ontkenning van jou liefde.
TELEURGESTELD
TELEURGESTELD Hoe skerp die mes Hoe breed die lem Hoe dik die wand Hoe taai die vel Hoe stom verslae Hoe diep geskok Hoe bitter die pil Hoe duur die les Hoe ver vergifnis Hoe dof vertroue Hoe bleek my lewe Hoe leeg my hart © – Barbara Smit – 27/03/2018
Liewe Vincent
Wat van jou laaste brief geword het, weet ek nie verseker, maar sou ek jou afgesnyde oor om ‘n gesellige tafel, in my sakdoek kry, waar sou ek wees en wat sou dit aan my doen? Miskien sou ek ook deur jou wolkblomme sweef en my traanspatsels in blou kringe oor jou sonneblomme verf, of […]
Genade Roep
Roep, siel roep … pynigend jou soek, aanvaar vergeet jou lied, wrang jou smaak – bitter jou wroeg, eindloos soekend, moeg.
Ek Wil Protesteer Meneer
Ek wil protesteer meneer ek wil praat oor onse weer meneer vanlat myse onthou mos beginne ken ek nooit die droge dinge wat ek hier so om my siet geen skaduweetjie wat ons bome bied Ek wil protesteer meneer ek wil vra waar kry ons hulp meneer as myse kinners so loop honger ly waar […]
Die Gousblom kind
Die Gousblom kind Bitterbessie dagbreek verkleur jou gousblom gesig, sprei sy kombers oor die vlaktes van onthou wyl sy mistieke glans op die horison ontvou en die uil in jou hart verlig. Dwarrel jou hand van stof tussen wier en gras, nou nog soekend na lief, na lag. Brand jou sandkorrels wyl ek wag, wag […]
WAAROM DOEN JY DIT
WAAROM DOEN JY DIT my hart se glans verdwyn my hart bloei rooi soos wyn waarom pluk jy die blom in my vernietig die vuur in my hartseer trane en pyn soos ń roos verlep in pyn wat soek jy nou eintlik by my ń hart van klip en pyn jy veroorsaak net stres en […]