Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Pyn"(Bladsy 48)

Geweefde trane Geweefde trane vul die fondament krake van ‘n siel kastaiings braai in die vuurherd van my hart sierskrif letters geskrywe met emosie ink waar denke, hart en siel mekaar moes vind grysgrou lê die asvaal wolk winterswinde waai ‘n koue dood worstelsmoor die smeul passie klaar stomwoorde toe die laaste vuurtjie bedaar grafsteen […]

soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]

my kleine sonskynsterretjie sewe maande geroteer in my brose baarmoeder al jou organe was reeds volmaak jou klein handjies en voetjies was so pragtig soos die sterrehemel pappa en mamma was opgewonde gegiggel en geskitter het ons jou pienk kamer mooi geverf jy is ‘n supernova gestraal het jy helderder as die son in ons […]

Sleepvoetend stap hy teen die helling af. Die bebloede byl sleep agterna en los ‘n donker streep op die pad. Die laaste uur se gebeure het hom uitgeput maar tog voel hy vars. Sy verstand helder en sy oë dwaal oor die bekende landskap. Soekend. Dan gewaar hy ‘n minibus ‘n meter van hom af. […]

Hulle verbrand jou geboorteboom saam met jou wanneer jy sterf. Julle as sal meng voordat die deur die ewig malende-kolkende-fluisterende-wenende wind versprei word. Ek dink nog altyd winter – daardie donker seisoen – is die perfekte tyd om te sterf. My seun is saam met die eerste bloeisels gebore. Ek hou die pasgebore baba vas […]

Sy glimlag wink warm en innemend oortuig haar hart ewig vergewend al haar liefde aan hom te skenk, hulle saamwees jarelank al gedenk. Uit sy kindertyd sy lewenstaak met bedrog en leuens vervolmaak. Stil onttrek sy haar lewe na buite, haar trane dofreën teen die ruite. Vriende verraai haar met baie nyd, verwerp daarmee haar […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed