Verlange na Eden
As die lewe sy harteloos suidewind kom draai en seer in ons harte in waai die reuk van die liefde se dood soos verdorde roosknop ontbloot die beddings met sy dood wil verfraai verwoes en vertrapte God-skepsels oor mistige eeue in trane verdrink hul stemme wat uitroep en kreun met trane wat lank reeds verdroog […]
Soos engele vlieg
Engelmens van my lê gou jou swaard neer jy lyk moeg en jou pad nog ver, jou siel skree in stilte vir skemer, jou oë lyk effens soos myne. Trap mooi en sag in die langgras, want om oorlog te wens oor ‘n pad wat verdwaald lê tussen nou en nooit – asof môre jou […]
Die versteekte seer
ʼn hart wat verskeur in ʼn stukkende lewe die vloek groet van ʼn muwwe grou môre gebore in die walging van ʼn wrede wêreld waarom dan Heer, die lewe gebore in leed droewige trane van treurmare-wyn droogte waar die nuwe en groen loot verskyn verslae ontmoedig met trane gelaat hang hande in ʼn mishoop van […]
Waar stormwinde waai
In die namiddag son skaduwee waar branders vas slaan by soom van die seesand stroom herhaal die wolke keer op keer sy eie patroon boggel oor en oor waar stormwinde waai deur boom en struik teen die sandwand geplant uitmekaar geruk in wind en weer waar die brander sproei sy laaste sout smaak in die […]
Siel vasgevang
Grenslose eindige vernietiging vasgevang tussen tralies bedink in ysverweerde sel tussen yster en mure ‘n laaste groet kom aan einde wat besiel denke aandadig aan nog een in lewe vasgevang ploeter voort asof niks gebeur maar tussen vier mure ‘n laaste besluit oorgegee ‘n besluit is geneem en uitgevoer stof tot nadenke gryp iemand aan […]
ʼn Volk se trane-hart
ʼn Hartversonke diep in ou verbonde in ʼn jaar verby van bitter soete trane uit ons hart drup bloed van seerkry woorde leed versonke in ʼn volk se drome van waar sal ons hulp dan kom terwyl die rou en galle smart van ʼn volk se hartseer bloed wegsink en dan roep uit dorre aarde […]
Pyn
Verterende vuurtonge brand deur my; gloeiende vingers wat streel skryn… verstikkend, skroeiende vlamme dans ritmies as my hartklop soos wyn, vloeiend… bruis dit deur my are pyn… versmorend, klemmende vingers wat wurgend bly kleef aan my verflenterde hart ©Marike Erasmus
Stilte
In asemdroogtes van die nag bombardeer warrelwinde ongesproke woorde laat ‘n hart van dolomiet versag ń koningryk van lugkastele jou beeld wat in elke kamer pronk jy verdwyn in ‘n wasige misgordyn van dade waaroor ek self nog swyg ©Marike Erasmus
Verlore
Ek het alleenwees ontdek myself gesoek in plekke met baie mense woude en rivieroewers ook berge al hierdie plekke het my reuk ‘n dowwe lig ‘n half fluister my binnekamers ook stil gehoop vir ‘n openbaring vry van vrees te wees van die sekerheid van die dood iemand anders begin praat onderbreek gedagtes moes ‘n […]
Vaarwel
Mistieke skoonheid waar ingebergde valleie sing van ebbehout in die bos daar het ek my sensuele woorde versteek sakkarienreuk van my ontwerpe watervalle in my siel borrellende fonteine wat stortings van ‘n blinkmaan naboots verskuil agter verre bergsilhouëtte ons stryd ‘n passievolle dans ineenvlegting… antieke houding tot die berge glimlaggend van heinde en verre, ons […]