My hartseerste uur
Dood lê jou lewende siel ver-persoon die flenters van my hart skielik en skerp dit vlek die tien gebooie skrikswart skaduwee my kruis vergulde herinneringe skeur deur my die doodsengel het jou kom haal my hartseerste uur droefheid het God my gefaal? ©Marike Erasmus
Alleen
Ek het die fluit bespeel, maar nooit regtig geweet dat dit ‘n deuntjie sou neurie wyl die sonlig loer deur die bos, waar my kokon sou ontvou alleen, onder die fakkel van die sekelmaan, wat die mis verkwis, blyk die lente binnekort hier te wees klippies kielie my voete en blomme versier my hare ek […]
WHISKY WIEGELIED
Die amber vloeistof Word die skildweer teen die pyn Van ‘n hart wat splinterspat, ‘n Wil om voort te gaan Wat stadig kwyn. Die houvas op die kreupelsiel Versterk met elke nuwe sluk Wat poog om hierdie seer Tot in die newels Van vergetelheid te druk. Die skinker word die sneller Van die alkohol-geweer, Tot […]
kleuter hartjie
kinder hartjie klein en teer vra vir liefde meer en meer hoor jou stemtoon mamma voel jou vaste hande pappa kinder handjie klein en sag voel jou wanneer jy ook lag hoor die deernis in jou stem voel jou kwaad aan soos lem kinder lewentjie skoon op slyt skryf jy lewenswaardes daarop positief sodat jy […]
Wreed bedrieër’s lewenslied
Die donker skadu van ʼn doodse wrok sluip van diep uit sagte brose hart woord gebore uit die tong se graf verskeur, verbreek, vertrapte siel, verward met sy vlag gedoop in onskuld bloed donder dreun sy haat met nyd nog voort hy wik nie, weeg nie, moor in elke spoor sy hart begraaf in liefdeloos […]
My bestaan
Soos die golwe van die see se deinings Soos duine se sand wat waai in die wind Soos mis wat wegraak voor die son So voel my bestaan…my menswees Dit keer terug na my met die leegheid van ‘n eggo wat aanhou roep en tog niks meer is as klank Klank wat terugbots teen die […]
okulêr
uit skepel van wind skep ons nuwe asem uit druppel droesem drink ek soos ‘n kind ons lewe raak saai golwe vloei stewig terwyl see – gewrig lenig om ons draai in bakermat gestig wag hy in die hawe tot wind sy seile lig ©Teárlach
Denensie nr 5
Kyk, hier is my hande saamgevou voor my prewelende stem, hoor jy my krete saggies na binne ruk? Voel jy my woorde wat hoendervleis oor die hemelwand hef? Proe jy my trane wat wanglangs drup oor niks; oor jou; oor alles en almal want jy het siels-stil geword en ek hobberend in ‘n hel van […]
Herbou my Koningkryk
My menswees beklee in siersteen en fynpleister met edelmetaal gesmee. Gebrandskilder die vensters van my vreedsame siel toe hoop my hart betree. Die plankiesheining lelieblank en lowergroen vlaktes versprei waar die geur van bloeisels en die vredesbries ons liefde kom verklank. Die vuurtjie het nog warm in die kaggel gerus toe jou woedebui dit ylings […]