WHISKY WIEGELIED
Die amber vloeistof
Word die skildweer teen die pyn
Van ‘n hart wat splinterspat,
‘n Wil om voort te gaan
Wat stadig kwyn.
Die houvas op die kreupelsiel
Versterk met elke nuwe sluk
Wat poog om hierdie seer
Tot in die newels
Van vergetelheid te druk.
Die skinker word die sneller
Van die alkohol-geweer,
Tot die laaste skoot
Die kol tref en ‘n vegter
Val die laaste keer.
En as die leë bottel splinter
Word die troos wat dit eens bied
Krysend krakend
Melodieloos nog vir oulaas
Net ‘n whisky wiegelied…
© Anton Bosch 26/07/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.