Vesuvius sindroom
Uitbarsting en verwoesting GESAAI deur die vuurtong wat nie gekeer kom wanneer lawa woorde se seer alles oorstroom en laat wegsink in verdrinking Bly jy oor in niks meer as blote as wat wegwaai in die na-ramp wind
MY WINTERWIND
As my winterwind Jou hart stukkend waai En soos ‘n aasvoël Al om die skeure draai En jy huil op sy maat Deur die bloed wat vloei Want jou hoop staan beskaamd Daar’s geen reddingsboei Jou trane drup lou Oor die pyn in jou hart Maar my wind waai dit koud As jy kniel in […]
Regverdigheid en Imma se Auntie
Regverdigheid en Imma se Auntie Een oggend kom James, ons huiswerker, by die werk aan met die nuus dat daar ‘n dooie ou so entjie van die huis af in die straat lê. Ek en die seuns en Imma, ons tuinwerker, klim dadelik in die voertuig, want dit moet ‘n ding wees om te aanskou. […]
Roet
Dit laag nes roet op mens se gemoed die neerlae en teëspoed Laag na laag kenmerk met vervaag mens se lewenskrag tot traag Dit donker in vele skakerings die mens se siels rimpelings tot spielglad oppervlak Die las trek ons af met n grote krag tot in ons graf
DAAR’S ‘N KAMER IN MY HUIS
Daar’s ‘n kamer in my huis waar die son nooit skyn Dis die kamer in my huis waar my hart verdwyn Daar’s ‘n kamer in my huis maar die deur is gesluit En die sleutel van die kamer is die liefde van my bruid Daar’s ‘n kamer in my huis Waar die donker bly Want […]
Die twee rooi liggies
Die twee rooi liggies (Riller – nie vir sensitiewe lesers) Vannand is ‘n bai e koddige aand. Nie koddig in ‘n snaakse of grappige manier nie, maar koddig in die sin van “vreemd”. Daar’s ‘n vreemde gevoel hier in my nuwe blyplek, ‘n vreemdheid oor die plek en sommer so ‘n vreemde gevoel in my […]
Supermaansiel
Jý het verstaan, hier waar ek nou staan traanloos onder nog ‘n supermaan het jý uit die bloute sommernet verstaan; sonder oordeel of waan my angstigheid toegesirkel in jou eie naakte sekelmaan gebroke het ek (of ons) met heelwit vlerke probeer vlug; sentimenteel wou ek minute aftel tussen naelstring en skoenlapper – maar monoklinamies het […]
KAAPSTAD SMAG NA WATER
KAAPSTAD SMAG NA WATER Kaastad is droog sonder water so smag die mense na water droog soos die dorre woestyn in mense se harte is hewige pyn die smarte en pyn sal verdwyn dorre aarde wat die son verskroei mense is ge boei om water te besnoei waar hulle harte op die oomblik bloei mense […]
Gypsy Meisie
Gisteraand nog was ek ‘n goudgeel gypsy by die mark vasgevang, geweb in die wind se liefdes kunstige warboel toe skielik gaan lê die wind onder my wye romp … kom hang alles pap soos ‘n doeklose seuntjie in ‘n warboel tuimel ek in my valskermromp terug geneusring in my ronde oorbel verwurg in my […]