Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Pyn"(Bladsy 47)

oor die donker duin rol daar stofstrepe sny diep sandgrepe laat tolbos as puin viervoet doring heining span blink oor hout rakke met muur van tolbostakke tuur oor sand se deining droogte sny diep in harte landbouer stap moedeloos wingerde verlep in smarte ©Teárlach

vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]

‘n pikswart lanferlap hang oor ons land die sondes van die vadere soos wit dryfsand wat oral alles binnedring ook die verstand van die dopstelsel bruin kind wat salig oopmond lag nie eers verstaan dat hy bestaan die sondes van die vadere word weer en weer gepleeg ‘n onbekende wit kruis vir die Esidimeni* kind […]

Donker skadu’s omvou my seer dompel my lied in diepe hartseer rou kneus my kwesbaar, verbleikte groue-hart verweer in die muf van ʼn verlore wêreld my knieë sluip stil oor die lewenstog met hart versink in stapels gitswart roet uit my donker hoek ʼn verskeurde snik barbaarse-lewe in my kosbaar bloed verdrink hier waar my […]

Soos vuil pis is jul in ‘n skoon poel Etterbesmet is jul lag Skifsels suur oor verlede voel Verwond jul doelbewus sag Blindversteek tussen die lyne Skitterblink lê jou naakte siel Opbrengste ge-oes uit hartsnaar pyne Verbete verwoed verniel Soeke na aanvaarding in jouself Bloedbevlek lê jou hart op ‘n witlaken Haat brand fel waar […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed