IN DIE VOETPAD
IN DIE VOETPAD In die voetpad loop ek – dorings maak my seer. ‘n Hand haal dorings uit, ‘n sagte hand. ‘Seblief, drá my hierdeur….!
Na nag betraging:
As die son sy wegvlug teen die aand se lug neem dan word ek ‘n swerwer en my heimweë ‘n hanglamp as ek hunkerend soek na jou hand wat myne vir so lank kon hou, terwyl jou skim in die agtergrond op die horison tussen my waansin en hunkering verdwyn en my hoop begin afloop […]
die klippe roep luid
in pakhuis lê opgevoude kartonne gebind met maskeerband doodstil lê die bokse geen geluid kom daaruit vreedsaam lyk dit op die oog af maar daarbinne lê verlore kinders dogtertjies en seuntjies gekaap om as slawe vir sekshandel te verhandel gesmoor met dwelms vir dertien uur uitgevoer soos vrag opgeveil soos vee vir altyd verlore vir […]
Selfmoordbrief van ʼn depressielyer
My Lief Jy ken my, en verstaan my beter as wat ek my self verstaan. Wanneer die donker van die depressie my in ʼn mynskag afstuur. Wanneer ek voel hoe die lewe se rotse my toe val en ek nie die lig van ontvlugting kan sien nie, reik jou hand uit na myne en lig […]
Verlore brief in ‘n bottel
Die waarheid is niks minder as die klop van jou hart – ek hoor dit ook met elke son wat sak is die wonder van ‘n einde ‘n slinternuwe begin. Mense soos ek en jy was nooit gemaak om te huil of te skuil – “we were set to sail” vat my hand; my naam […]
Wanneer te veel, te min word
Al wat ek het gee ek nou net vir jou plak dit teen my roep verby die horison waar my hart skuil – want in hierdie siels-stiltes vang ek uurtjies vol vreugde met elke klank van jou gedagtes wat warrel om my hart se hoeke. Om onvolmaakte tjank geluide in groen gras te groei – […]
nete
klein goggatjie wat in hare bly mense hare met baie frustrasie eiers op hare wat daar uitbroei gehate teenwoordigheid en las afrika politici is soos nete in kwas kan hul soos nete verwyder word met chemiese skoonmaak middels sekerlik nie so maklik in afrika nie neet klou vas want hy wil nog eet los hy […]
Joyride na die hel
Dis die dwelms in jou are wat jou psigose aanjaag soos rotte in kop aan jou breinselle knaag Wat onskuldig begin het as ń lynsny met ń pêl het ontaard in ń monster op ń joyride na die hel Eers jou vrou en kind en later jou werk ook kwyt Die weelde in jou huis […]
serannie
agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]
armoede
kinders klein met skurwe hakskene barstende tone in spierwit ryp stap hulle skooltoe en hoes heeltyd neusies loop strepies oor vuil gesigte neëntien vyftig was begin jare van “baby-boomers” meeste het maar swaar gekry na die oorlog meeste het met meelsakbroekies geloop meeste het maar op pap en sous gelewe meeste het opgestaan en sukses […]