‘n Ander Eva . . . Eva* van die Kaap
Eva was ‘n meisiekind, ‘n Khoikhoi van die Kaap. Bedags het sy in die veld gespeel, snags het sy onder die Suiderkruis en ‘n goue maan geslaap. Sy’t geweet hoe klink die uil se roep en die jakkalswelp se huil. Die kras van ‘n honger see-meeu het in die holte van haar keel geskuil. Ook […]
Dertien letters teen die blou
miskien, in die laatheid van die lente een oggend, in die vroegste môre-uur wyl eerste lig oor die wydste Karoo teen skamel gras en bossies vuur – dalk, net so neffens Beaufort-Wes waar koue klip tot gouebruin verkleur en lammers teenaan heiningdrade wei vind ek – per abuis – ‘n gompouveer en doop dit in […]
PASPOORT na DINGES
Paspoort na Dinges Sien, die ding is so: My seun het drie paspoorte: Dit wil sê, hy behóórt drie paspoorte te hê. Nou, natúúrlik behoort hy níé drie paspoorte te hê nie, niemand behoort meer as twee paspoorte te hê nie, is mos teen die wet. Teen die wet van aldrie lande. Maar hoe sal […]
Veilthin se laaste Massage
Veilthin* se laaste Massage In die Harzberge* sien mens eienaardige rotsformasies: Verskuiwings en verwerpings soos in ‘n abstrakte skildery. Dagsome loer tussen die bome uit die Steilhange van berge uit. Juis so ‘n koppie aan ‘n ooshang het my aandag getrek. Soos ‘n blougroen puisie op ‘n leiklipneus. Waarskynlik ‘n agaatdroesem in kopererts. Om hom […]
Resensie: Juffrou Stinnes ry om die Wêreld, die film
Juffrou Stinnes ry om die Wêreld, die film As 26-jarige het Clärenore Stinnes ‘n hele klompie dinge agter haar wat sy aangepak en deurgevoer het. Die dogter uit ‘n vooraanstaande industriële-imperium, was so iets soos ‘n doring in die vlees van haar familie, omdat sy geweier het om, soos dit behoort, ‘n passende heer-en-meester te […]
Resensie: VYF-EN-VEERTIG MINUTE NA RAMALLAH, die film
VYF-EN-VEERTIG MINUTE na RAMALLAH, die film Rafik en Jamal se vader is die tipiese opvlieënde patriarg van ‘n palestynse familie in Oos-Jerusalem. En hy sterf na ‘n woedeaanval tydens ‘n stryery – tydens die huwelik van sy jongste seun soos die ongeluk dit wil hê. Sy wens was altyd om in sy tuisdorp Ramallah in […]
Resensie: HANNA SE REIS, die film
HANNA SE REIS, die film Nog ‘n film oor Israel – hierdie keer oor Duitsers in Israel. Nie net dat dit gedeeltelik in Tel Aviv gedraai is nie, maar ook ondersteuning van ‘n israelse filmowerheid gekry het. (In die dankeslys aan die einde van baie europese films kom die name van mense en organisasies wat […]
Heilige ibis*
Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – dáár waar […]
Kelkiewyn*
Hoe wit is die wit sneeu en hoe swart jou swart jas. Jy glimlag soos gister toe jy nog hier was. Onthou . . . bottergeel vlinders vlinder immer verby die lillablou blomme wat elke somer gedy. Hier wag skilferbasbome – wat wyd alom kroon – waarin houtkappers, duiwe en meelogies woon. Na elke lang […]
Een vroegaand in Desember
vyf flaminke oor die swart rivier hoe blink blink die blinkwit maan hoog bo die vuil van vaal fabrieke en die grys van die teer wat daarnaas baan sewe ganse teen die silver lug reeds lê die son in die see ver onder meeue op hul skemer vlug en ‘n brug wat sement oor die […]