dwelm gier
soos die golwe se geluide my snags bedwelm in drome soos die wind se temerigheid my soms meemoedig laat dwelm-misbruik se effek op die mens se psige een kant lê farma se geld gierigheid anderkant mens se drang tot self-behoud soos dooie plante op die strand lê mense-wrakke oral langs paaie van ons land ©Teárlach
RESENSIE: 7 dae in Entebbe, die Film
7 dae in Entebbe, die Film Dit baseer op ‘n ware begewenheid: In Junie 1976 kaper lede van die Volksfront vir die Bevryding van Palestina en van die (duitse) Revolusionêre Sel (RAF) ‘n passasiersvliegtuig van die Air France, vlug 139 van Tel Aviv na Parys, en ontvoer dit na Entebbe, die lughawe van Uganda. In […]
Manie se Tin Lizzie
Manus skud sy kop. Laat dit nou vir hom ‘n dure les wees om ‘n vrou agter die stuur van jou nuwe Model T Ford toe te laat. Hulle was laat vir die kerkdiens en Sera het stange gevat. Hoe meer hy skree “stadig vrou” hoe vinniger ry Sera. Teen 45 myl per uur jaag […]
OPGEDRA AAN VROUE WOEDEND
OPGEDRA AAN VROUE WOEDEND Maak mens woedend kokend stomend waar gaan die wêreld heen dit is net vir ons geleen hoe kan jy so iets doen alles is alweer oordoen met jou groot gladde bek is jy net stapelgek wat het jy verwag die lewe het ‘n slag waarheen jou paadjie gaan jy is besig […]
Mooiweersbelofte
Die helder pienk wolke teen die blou lug gesmeer dra die nuus vooruit ons kan seker wees more wag daar reeds vir ons goeie weer Wel dis wat die stem op die radio sê maar hy het seker nie gesien hoe die droogtelammers sommer een’ge plek in die veld bly lê As die mooiweerson al […]
Dalk is dit nuus
Dalk is dit nuus Êrens in die wye Kaap slaap daar vanaand ’n motortjie of dalk ’n mens of ’n dier onder ’n seil wat nie aan hom, dit of haar behoort nie. My openingsreël hou nou nie juis besondere nuuswaardigheid in nie, maar dit was tog die wekroep wat my sluimerende kwelling oor vrae […]
Die aap op jou rug (Opdrag 8)
Elke taal het sy eie unieke gesegdes. So ook is Afrikaans ‘n diverse vrugteslaaitaal wat skatryk is aan eie unieke idiome, slagspreuke en sêgoed. Dis ‘n nalatenskap om op trots te wees en een wat ons aan die lewe moet hou. Dit maak ons taal en literatuur kleurryk en interessant. Deur digkuns as instrument te […]
ROOI ( opdrag 8)
ROOI bloedrooi met haat en wraak beklee jillend voete stamp en luidkeels skree Kill the boer! Kill the farmer! Here hul weet nie wat hul doen nie! deur my skeur vergifnis in ‘n roue kreet langs my God se bloeddeurdrenkte treë taairooi © Barbara Smit 27/08/2018
Charmer (Opdrag 7)
Op die front seat van ‘n Volla, seeblou nes jou oë, kruip jou hand kundig – lus – en dit wasem teen die ruite, voel knus met die handrem laag deur my hart en jou. Buite rol golwe rof, onrustig, rou, verbeeld warm tasting en brandende mis. By die roadhouse vang seevoëls skreeuend vis, soos […]
Een soet moment
OPDRAG 7 – Sensuele Miltoniese Sonnet Een soet moment My vingers sagstreel jou ‘n ligte dans, jou vel satyn van heup tot skugter skouerlyn in die oomblik, in die nou, een soet moment toegevou, soos son se goue warmskyn ‘n pouse wat skielik kan verdwyn, die huiwering blits in jou oë so blou en skielik […]