Prikkelpyn
Kyk na my – ek is steeds ‘n vrou. Dalk kan jy nie onthou, dat daar ‘n tyd was toe my blasvel ook vou-en vlekloos was? Roetswart was my krullebos met ‘n koperglans in die son. In my olyfgroen oë het die lewe se storms dikwels gewoed. In die roos van my wang het ‘n […]
Belydenis
Die snik in haar oë maak die voorlopersnit soos die dokter se lem strepie rooi agterlaat, voor die bloed uitwaarts beur tot die klein kake klem om die vloed eers te keer. En die kraak in haar stem is die lem wat ontbloot, dit wat diep eers gelê het, weggesteek, weggekruip, wegebêre. Van die skuld […]
drommel
van my duin af sien ek lig lig van dagbreek af weerkaats ook sonsondergang se tanende gloed sit ek en droom oor wat gewees het en wat dalk nog gaan gebeur my sielsgedagtes verwoord borrelende maar nederige woorde wat net grondvat in rooi leemgrond waar dit ontkiem in digtershart en soms – net soms verblom […]
Die Pot verwyt die Ketel
Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is) maar ek sien wat in jou roetbedekte hart is ek onthou die dag, die helder sonskyn dag toe jy jou grysgrou woorde oor my hart, my hart van bloed en vlees kom stort, toe jy die vlees in woorde-repe van my beend’re af kom skeur wyl […]
STUKKEND GEBREEK Verbrokkeling van gesinstrukture
STUKKEND GEBREEK Verbrokkeling van gesinstrukture Hartsnare is stukkend gebreek so diep met ‘n mes gesteek in die gange van my siel het jy my hart verniel wanneer jy dit ooit besef woorde soos gif pyle wat my tref hoe kan ek jou ooit vertel dis net moederliefde wat tel wat het jou tog besiel dit […]
BRULLENDE LEEU Verbrokkeling van gesinstrukture
Verbrokkeling van gesinstrukture BRULLENDE LEEU Soos ‘n brullende leeu geel monster brul en skreeu angs maak jou naar gevaarlike oë wat vir jou staar vuuroond gevaar grootste leeunaar op moeder aarde gebaar maak die mensdom klaar wees nugter wees wakker jaloesie maak jou blind op soek om iemand te verslind Families word daagliks verwoes sondes […]
‘n Skouerhoogte tameletjie (woord telling 966)
Hier in Ekurhuleni (die ou Oos-Rand) kan ons seker nie te veel kla oor dienslewering nie. Miskien is dit ‘n geval van die padda wat so stadigaan saam met die water warm gemaak word en het ons die geleidelike agteruitgang nie so vreeslik baie agtergekom nie. Die paaie in die dorp self en omliggende woongebiede […]
Encore
Druk ‘n knoppie om die hek oop te vlek. Sluit die sedan en groet die honde. Organiseer die kospotte Wag vir die hek… ‘n Stem by die deur wat groet in algemeen. ‘Die TV se geraas en kinders se geskree. Hy verkies wingerdsap bo koffie of tee. Een word twee…drie en meer. In walms van […]
Notre Dame
Jy met jou sagte blommelyf het in my lewe kom nestel soos ‘n kuiken in die moedernes en jou geur het in die lug gehang en ek met growwe hande was stomlomp in jou sonskyn strale en my lyf was my tronk en deur my tralie oë het ek jou bewonder en soos ‘n bang […]