Dodelike indringer
Sy val in by die deur Krisis! My hele bestaan! Iets vreesliks het gebeur! Kan skaars die trane keer. Ek probeer nog troos, maar dis skoon verdriet. Als was laas nog reg, nou is alles weg! My werk, my musiek en verwerkings is verwoes, al my foto’s het hy verloor. Al ons kommunikasie was pure […]
Breekhart en eensaam …
terwyl jy na my gesig kyk en dink dat jy die boodskap in my oë verstaan drup die trane uit my siel wat breekhart en eensaam v-e-r-f-l-e-n-t-e-r voor jou staan ©desiréé 08.01.2016
DONKER WÊRELD
DONKER WÊRELD In jou donker wêreld worstel drange en baie geld net soos bloedvloeiing in geweld bitter lewe maak jou ontsteld slegte gewoonte wees net sterk alles is beslis die moeite werd mense sal jou graag wil help staan op en wees ‘n held klaag jou sielslewe angsbewange en bewe mik na hoogtes in jou […]
‘n Stukkende Jas
Toe dit jou nie kon pas nie was ek net in die pad, ‘n las wat jy saamdra soos ‘n ou wintersjas wat jy uittrek en neersmyt in ‘n hoek in die kas, verskrompeld, vergete geen bloed in my are geen hartklop, geen pyn. Luister na die klingel van jou glasies vol wyn, en jou […]
Skadu van ‘n Siel
Trane druppel-druppel op die wit papier en ‘n hart bloei stil in die donker rivier van ‘n siel se pyn as die dood sy skadu oor ‘n lewe kom gooi en die kyk verdof soos die prent verstil want die vraag is stom en die nag is lank voor die dag kom breek… maar die […]
Jou Hart Is Nou Stom
As die hartseer jou vat soos ‘n hand om jou nek en jou trane loop oor soos ‘n windpomp wat lek sien jy dan nog die dag of die skemer wat daal en die ruiter wat kom om sy loon te kom haal? Met sy mantel van swart wat wyd staan in die wind, die […]
Vlugteling
presies 5:30 am word sy wakker die lewe bloei deur haar are sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien maak ham en kaas toebies vir skool dek die tafel vir ontbyt maak die kinders wakker en vat vir pappa koffie in die bed maar in haar kop is ‘n kannibaal; ‘n wegloop hond huil […]
’n Klein verhaal van groot tragiek
(Goud) Êrens in die Vrystaat oor vlaktes vol verlatenheid lê ’n ou seisoen se pluimsaad en wag (vergeefs) dat dit moet reën. En midde die verskroeide somer staan ’n windpomp (onvoltooid) naas ’n sinkdam sonder water – ’n tafereel in ’n slotverhaal. Die aarde kraak haar lippe oop, skreeu stil dié groot tragiek: droogte ken […]
Duineveldsand
Hoe vind ek jou hart? Hoe vat ek jou spoor? Oor die duineveldsand Het jy my verloor Toe die skemer kom Was die spore dof Deur die wind verwaai Weggesteek in die stof Met die nuwe dag Was ek steeds verdwaal Want jy roep na my In ‘n vreemde taal Wat my hart verstaan Maar […]