Jongste aktiwiteit:

Dodelike indringer

Sy val in by die deur

Krisis! My hele bestaan!

Iets vreesliks het gebeur!

Kan skaars die trane keer.

Ek probeer nog troos,

maar dis skoon verdriet.

Als was laas nog reg,

nou is alles weg!

My werk, my musiek

en verwerkings is verwoes,

al my foto’s het hy verloor.

Al ons kommunikasie

was pure verniet,

ek het NIKS meer oor!

Al my hartsgoedjies

moes hy bewaar,

nou is dit ook klaar.

Wys jou jy moenie vertrou,

dit sê ek vir jou!

 

Nou wat is dit dan nou?!

 

Sommer net so in ‘n flash –

seker ‘n gogga in sy dash –

het my stupid laptop nou gecrash!!

© Charleine Olivier 21 Januarie 2019

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed