Ligkaatser
Jou skadu is die vagevuur wat binne my gloei die refleksie van my denke word om jou gebou; J Y die ligkaatser van my diepste wese waar ek my werklikheid in jou oë druppel vir druppel in minnewoorde sien blom. © Anzé Bezuidenhout
SPOOKASEM
jy maak jou vas jy bind jou los ek wys vir jou Karoo se bos, die lang gras van die Vrystaat en hoe Namakwaland kan blom ek kweek in jou ‘n afdruk van die Kaap * in jou elke dag se wakker wees – selfs ook in jou slaap – lief ek elke krul en […]
Saphira se Storm
Saphira hou die swartkop seuntjie dop wat rondhardloop met sy klein boog en koker vol pyle. Hy’s nogal goed daarmee – vir ‘n klein monster. ‘Kyk, Saphira! Ek gaan jou op jou wit vlek skiet!’ skree hy parmantig en mik vir haar. Sy gluur vir hom. Niemand – niemand – hou ‘n wapen na haar […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n liefdesbrief
My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar die daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer […]
Padkaart van Are
Dit word al moeiliker om my fingers te buig. My ringe pas al lankal nie meer nie en kort naels is my voorland. Partykeer lyk die are wat uitstaan op my hande soos ‘n padkaart wat makliker gevolg kan word as die lyne wat sogenaamde palm-lesers so graag wil vertolk. Die pyn maak dat ek […]
Troosteloos
as blomme pyn kon stil sou ek langsteel lelies pluk en dit in erdekruike op die vensterbanke van jou roomgeel huis rangskik sou melodieë van weleer jou gebroke hart kon heel sou ek We’ll Meet Again, As Time Goes By en The Last Waltz vir jou speel as die lig van duisend vlamme tot […]
Lewenspeserye
Lewenspeserye Daaglikse noodsaaklike lewenstake om den brode is onveranderlik, rigied, lewensnoodsaaklik, want jy moet werk om te kan eet en afhanklikes te versorg – – – Jou werk kan ‘n kruis wees, jou werk kan ‘n plesier wees, maar dit bly steeds ‘n dure plig wat ‘n goeie stoflike lewenskwaliteit verskaf, maar, dis die klein […]
Saphira se Jeukerige Rowe
Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop onrustig deur die kasteel. Sy sien goed in die klipgange wat nie regtig daar is nie. Sy soek wat vermis is al glip dit weg voordat sy dit kan bereik. Sy hou aan hiermee totdat sy ingehok begin voel. Sy gaan uit in die kasteelmuur en loop rond tussen die […]
My labirint
Spartel my ontroeringe soos ‘n fynbosverlange wat deur my labirint tot ‘n voltooide sirkel waarin ek ongeveinste liefde vind. Verwonderheid wat uit blomverdorde-kokon tot skoenlapperskoonheid bloei in lewegewende nektar van die liefdeson. Fladderende emosies wat ewigdeur eb en vloed in jou oë se vurige gloed kom kolk soos lawavure deur my bloed. © Anzé Bezuidenhout