Birth-flower kersfees
Op my blouvlamstoof keteltrom die pot vrugtestoompoeding buite op die feestige eikehouttafel staan die gemengde braaigereg rooi krulversierde primula-rose hang op die kersfeesdisselboom en die doedelsakmelodie van ‘n magdom voëlgeluide kondig die kersliggieryke feestyd vrolik aan
Kersfeesliggies (Silwer)
Kersfeesliggies die foto’s wat ek uitpak verbreed die soet rand van my hart herinnerings se repertoire, feestelik soos kersfeesliggies deur die huis al voel dit soms of lamferbande my arms stomp afbreek die liggies brand tog trots en helder nóóit laat die LIEFDE in die steek dae, maande, jare dit is gebêre en vergader maar […]
lied van ons saamwees (BRONS)
vir jou het ek ʼn sonneblom gebêre in my Bybel daar waar ek jou naam skryf in ons liefde gehul ons lied komponeer ons met meesleurende melodie en helende harmonie kom wals met my my lief as ons die lirieke laat lewe dan tango ons saam op maat van ons soete samesyn met pienkbloosblos soene […]
(Himne) God is goed
In die skuilte van die Allerhoogste vind ek my vreugde en rus vlei my neer in Sy groen velde en versadig my aan Sy genade. Soos ‘n ribbok klim ek berge selfs oor skeure en hoogtes en wanneer ek deur vuur gaan lei Hy my ongeskonde. Hy hou my voete op die regte pad vermaan […]
Elke Roos
‘n roos elke dag ons kan nie meer wag want in elke roos skuil daar soveel liefde begryp ons in diepte die passievolle belewing in elke foto se herlewing Groet ons jou in ‘n oggendgroet want elke roos beleef ons vars en soet bewaar ons hierdie bladsy in soete herrinnering en skuif dit nooit opsy […]
JY IS DIE ROOI VAN MY KANNABOS
soggens met songroet as ek my van jou moet speen sien ek die uitspansel in jou oë ontkiem wanneer jóú hande reeds reikhalsend na die strepiesmaan agter die newels reik maar dis jou kyk wat my inkatrol na daar waar die kannabos bloedrooi blom © Anzé Bezuidenhout
Die genot van ‘n kykpartytjie (Brons)
Vanoggend was die sonsopkoms vir my asemrowend mooi en dit het my ver laat terugdink aan ons kinderjare op Oupa en Ouma se plaas. In tye van afsondering dwaal mens se gedagtes nogal baie terug na die ou dae, die dae van ware vryheid en dit hou mens aan die gang. Vir meeste van ons […]
Die kersboom van my hart
“Dolverlief,” het my ma gesê toe ons saam onder die sterre lê … die knusheid van ons samesyn broei herinnering in my gemoed van soel somersdae se luilekker ontspan op die stoep oor jare het ons vermeerder ‘n kroos van drie plus sewe vrolike familiekuiers om die kerstafel met kinderlag besprinkel ons lewe vir niks […]
Piekniek onder die ou peerboom (Akrostigon) Silwer
Saterdae is kuierdae Almal kom van ver Mandjies vol lekkerte En ‘n pienk laslapkombers Sprei uit onder die ou peerboom Yskoue koeldrank en braaivleisvure Naweek familie plesier