My lelie
Dis Maart, my lelie en dit blom hier in die Kaap. Die eerste fynbostakkies het – sagpienk – aan die bloei geraak. En die vergeet-my-nietjies langs die dam weerkaats weer vrolik – in die blouste blou maar ék, my lelie verlang nog allie tyd . . . na jou. © Carma Shaw 24 Februarie 2017
Doris Day
hier sit ek op die agterstoep dis veels te warm in die huis die swart hond drink lou water uit haar bak voor die kombuis die avondlug’s belofteloos – ek tel die sterre en een maan en soms wonder ek maar net waaroor die lewe eintlik gaan as die reën die jaar nie kom nie […]
RESENSIE: Oor Mense en Perde, die film
Oor Mense en Perde, die film Gewoonlik verskyn die duitse weergawe van ‘n buitelandse boek of film drie of hoogstens ses weke nadat dit amerikaans uitgegee is. Of hierdie film ooit na die VS van A gaan kom, weet ek nie. Maar in hierdie geval het die vertaling, die verduitsing van die klankbaan twee jare […]
Die Kolskoot
Die KOLSKOOT En toe skiet ek hom ‘n gat midde-in sy hart, ‘n gelukstreffer. ‘n Volsoen op sy lippe – voor al die mense. Hy wat my die hele tyd ontwyk het. Soos toe hy skugter soos ‘n trapsuutjies om my gesluip het sonder om my te beroer. Maar dit moes hy doen, want ek […]
Kinders van Afrika
sy kom kaalvoet oor die duine van ‘n Weskus-strand en loop alsó deur die sagte (en baie warm) sand om haar enkel is daar ‘n riempie vasgebind met sewe koperkrale om die stringetjie gesnoer sy’t ‘n skerp klip in haar hand en wyl die wind net effe roer breek sy deur die see se branders […]
. . . as jy kon sing
Jy – wat my liefhet – weet waar om die sterre te vind tussen rotse op die strand. Pasgebore geitjies en die kuiken van ‘n kolgans voel veilig in die palms van jou hande. As ek jou vra oor die voëls van die hemel en die aarde en die water – dan ken jy elkeen […]
Soos ‘n reënboog (tanka)
Lig val teen kranse, breek, en koepel teen die blou. Sewe keer gebuig juig ek saam oor berg en dal in vonkel fotondanse. © C. Shaw 11 Februarie 2017
‘n Vrou en ‘n kind
soms het sy saronge om die ronding van haar lyf gebind en die kind wat in haar sluimer laat ontwaak – sandaal se gespe los gemaak en weer kaalvoet spore oor ‘n strand getrap tot waar branders in die sand wegsak en onder wolke se wit en hemelse blou weer ‘n droomkasteel in die lug […]
Die SAKKEROLLER se VERHAAL
Die Sakkeroller se Verhaal Op die vlooimark Sy was ‘n pragtige meisiekind, jonge vrou moet mens sê, kaalvoet met sterk bruin kuite. Haar rok het om haar knieholtes gefladder, en was stram om haar heupe gespan, en die welige haarbos het haar skouers gedek tot waar die bloese en haar gehekelde tjalie gereik het. Van […]
La vita è bella
‘n jongvrou het om middernag in die strate van Parys kaalvoet deur die dorp geloop die lug was koud – soos ys haar rok het oor die grond gesleep (in koningsblou fluweel) terwyl sy op haar ou kitaar ‘n lank vergete wysie speel daar was sterre in die hemel en die maan was ambergoud al […]